Theron sweet

S­pan­kies bly maar moei­lik vir dié brei­er

Beeld - - Middelblad - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Dawie Theron, af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se o.20-rug­by­span, maak ge­reed om sy “kro­ko­dil-vel aan te trek” wan­neer hy vol­gen­de week sy groep vir die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi in Man­ches­ter, En­ge­land, aan­kon­dig.

Die Jong Bok­kies se groep van 28 word Dins­dag by die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se hoof­kan­toor in Plat­te­kloof be­kend ge­maak.

Die Wê­reld­toer­nooi be­gin op 7 Ju­nie met die Bok­kies wat op dié dag teen Ja­pan in die A­ca­de­my-sta­di­on speel.

Dit is die ses­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar wat Theron ’n groep vir die Wê­reld­toer­nooi kies en vol­gens hom word dit nie mak­li­ker nie.

“Jy pro­beer om ’n kro­ko­dil­vel aan te trek om die ge­voe­lens uit te hou, maar dit is al­tyd moei­lik,” het Theron oor die aan­kon­di­ging ge­sê.

“Ge­luk­kig het ons (die jaar) nie so ’n mas­sie­we groep om van te kies nie.

“Jy sal dalk net vir een of twee ou­ens moet sê jy het dit nie ge­maak nie, maar dit bly al­tyd moei­lik en dit is nooit lek­ker nie.”

Vol­gens Theron het hy ta­lent­vol­le spe­lers met die X-fak­tor, maar dat dit niks tel as sy groep nie fiks ge­noeg is om met an­der lande se bes­te spe­lers mee te ding nie.

“Ons het die jaar spe­lers in ons groep wat uit­ste­ken­de vaar­dig­he­de het, maar ons het ook baie hard daar­aan ge­werk om dit te ver­be­ter.

“Ons wil van­jaar ’n baie fik­se groep na die toer­nooi stuur en die man­ne het ge­wys hul­le is be­reid om hard te werk.

“Die ge­luk was ook aan ons kant, want tot dus­ver was daar nie baie be­se­rings in ons groep nie.”

Wat die Bok­kies se voor­be­rei­ding be­tref, was daar nie ’n kans vir Theron om wed­stry­de teen in­ter­na­si­o­na­le teen­stan­ders te or­ga­ni­seer nie.

Die o.20’s het tot dus­ver twee kon­tak­ses­sies, teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie-A­ka­de­mie en WP-Rug­by­in­stuut, ge­had. Hul­le der­de kon­tak­ses­sie, teen die WP-A­ka­de­mie, vind mô­re plaas.

Om spe­lers se peil te toets, het Theron ’n he­le paar te­rug­ge­stuur na hul pro­vin­si­a­le span­ne om in die Pro­vin­si­a­le Reeks te speel.

Vol­gens hom was dit so ’n bie­tjie van ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie om spe­lers her­waarts en der­waarts te laat vlieg, maar het dit ’n po­si­tie­we uit­wer­king ge­had.

“Dit is be­lang­rik vir ons dat spe­lers bloot­stel­ling kry en die feit dat die Cur­rie­be­ker van- jaar ’n reeks vir jon­ger spe­lers is, het spe­lers ’n kans ge­gee om hul­self te be­wys.

“Ek is nie ’n af­rig­ter wat daar­in glo om spe­lers in wat­te toe te draai nie en die wed­stry­de vir hul pro­vin­si­a­le span­ne het ge­help om die man­ne se fiks­heid te ver­be­ter.”

Die Bok­kies sal in drie oe­fen­wed­stry­de speel voor­dat hul­le na Man­ches­ter ver­trek.

Die eer­ste een is vol­gen­de week (13 Mei), wan­neer hul­le ’n ge­kom­bi­neer­de Goue Leeusspan – be­staan­de uit o.19- en o.21-spe­lers – pak.

Op 17 Mei speel hul­le teen die Ma­ties in die Da­nie Cra­ven-sta­di­on en op 21 Mei reis hul­le na Oudts­hoorn om teen die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te te speel.

Fo­to: JACO MA­RAIS

Cur­win Bosch hard­loop met die bal in Dins­dag se oe­fen­ses­sie van die Bok­kies by die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch.

‘‘ Ons wil van­jaar ’n baie fik­se groep na die toer­nooi stuur en die man­ne het ge­wys hul­le is be­reid om hard te werk. — DAWIE THERON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.