Kings nie in sak en as ná hul drag slae

Beeld - - Middelblad - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Om ná die af­ge­lo­pe na­week te sê Suid-Afrika ver­dien nie om ses span­ne in die Su­per­rug­by-reeks te hê nie, is ’n bie­tjie kras, het S­ha­ne Ga­tes, die Sout­hern Kings se on­der­kap­tein en ster-sen­ter, ge­sê.

“Ek dink dis nie die eer­ste keer dat span­ne kwaai pak ge­kry het in Su­per­rug­by nie. Ek dink be­slis ook nie dit is die laas­te keer dat span­ne kwaai slae sal kry in die reeks nie,” het Ga­tes ge­sê.

Hy het na sy span se ne­der­laag van 27-73 teen die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res ver­wys en ge­sê die Kings het dalk met “die ver­keer­de in­ge­steld­heid” in Ar­gen­ti­nië op­ge­daag.

“Ons het nie aan­ge­ska­kel nie en dis wat ge­beur het. Dis nou elk­een van ons (die spe­lers) se taak om te­rug te bons en die re­spek wat ons die vo­ri­ge klom­pie we­ke ver­dien het, te­rug te kry,” het Ga­tes ge­sê.

Die 23-ja­ri­ge sen­ter het ook na die Sun­wol­ves se oor­win­ning oor die Ja­gua­res ’n week ná hul er­ge pak slae en­ke­le we­ke ge­le­de teen die C­hee­tahs ver­wys.

“Ons s­kep na­tuur­lik moed uit hul ver­to­ning. En ek ont­hou in 2013 het ons (die Kings) met meer as 70 pun­te teen die Wa­ra­tahs ver­loor en ’n week la­ter het ons die High­lan­ders ge­klop,” het Ga­tes ge­sê.

Die Wa­ra­tahs het die Kings in 2013 met 72-10 in die Baai af­ge­ran­sel. Die Kings het daar­die dag, nes die af­ge­lo­pe na­week in Ar­gen­ti­nië, 11 drieë af­ge­staan.

Ga­tes het nie daar­die dag ge­speel nie, maar hy was wel in die oor­win­ning van 34-27 oor die High­lan­ders vir by­na die vol­le duur van die wed­stryd ná hy die be­seer­de An­dries S­trauss ver­vang het.

Ga­tes het gis­ter die plek van die Kings-kap­tein S­te­ven Sy­kes by die span­aan­kon­di­ging vol­ge­staan. Sy­kes was by die huis met si­nus- en oor-pro­ble­me.

Hy be­hoort vol­gens Deon Da­vids, die hoof-af­rig­ter van die Kings, reg te wees vir Sa­ter­dag se krag­me­ting met die Blu­es.

Daar is drie ver­an­de­rin­ge aan die Kings se be­gin­span.

Die los­kop­stut S­chalk Fer­rei­ra sit wees ’n hand­be­se­ring uit.

Hy word deur Sti Sit­ho­le ver­vang.

Op heel­ag­ter het Jaco van S­ha­ne Ga­tes, met ’n pleis­ter oor sy neus waar ’n ste­wel hom in die wed­stryd teen die Ja­gua­res ge­tref het, sweet gis­ter saam sy span­maats by die Kings se oe­fe­ning in Port E­li­za­beth. Ton­der die trek­pas ge­kry en kry Jur­gen Vis­ser nog ’n kans. Dan ro­teer die skrum­ska­kels ook met Ja­mes Hall wat dié keer sal be­gin en N­tan­do Ke­be wat op die plaas­ver­van­gers­bank sal sit.

“Ons ver­wag win­de­ri­ge en re­ë­ne­ri­ge toe­stan­de en dis ’n tak­tie­se be­sluit,” het Da­vids dié skuif ver­dui­de­lik. Hall se tak­tie­se skop­werk is be­ter as Ke­be s’n en hy kry dus die keer die reg­mer­kie.

Ons ver­wag win­de­ri­ge en re­ë­ne­ri­ge toe­stan­de. — DEON DA­VIDS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.