Ryn­ardt se groot kans

Beeld - - Middelblad - Ti­nus van S­ta­den Sa­rel van der Walt.

Bloem­fon­tein. – Soos wat jong rug­by­spe­lers droom om S­pring­bok­ke te word, so droom jong at­le­te daar­van om teen die bes­tes in die wê­reld deel te neem op by­een­koms­te soos die Di­a­mant­li­ga.

En, sê Ryn­ardt van Rens­burg, daar­om is hy baie op­ge­won­de om sy de­buut op 14 Mei in die Di­a­mant­li­ga in S­jan­ghai, C­hi­na, te maak.

“Van kleins af kyk ’n mens as ’n at­leet na die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms­te en jy sien ou­ens soos U­sain Bolt (wê­reld­re­kord­hou­er in die 100 m),” sê Van Rens­burg.

Van Rens­burg se bes­te tyd tot dus­ver van­jaar in sy guns­te­ling i­tem, die 800 m, was die 1:46.50 wat hy op die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skaps­by­een­koms ver­le­de maand in S­tel­len­bosch ge­hard­loop het.

Die Ko­v­sie-at­leet se bes­te tyd in dié i­tem is 1:45.40 wat hy ver­le­de jaar Ju­nie in Slo­we­nië ge­hard­loop het.

Van Rens­burg weet dit sal glad nie mak­lik wees om in S­jan­ghai deel te neem nie.

“Dit is die bes­te at­le­te in die wê­reld, so dit gaan moei­lik wees. Ek het hard ge­werk en ek meen my peil is tans goed,” sê hy.

Die tyd wat Van Rens­burg in Slo­we­nië aan­ge­te­ken het, was reeds ’n kwa­li­fi­se­ren­de tyd vir die O­lim­pie­se S­pe­le wat in Au­gus­tus van­jaar in Rio de Ja­nei­ro plaas­vind. Hy is gre­tig om weer ’n tyd van on­der 1:46.00 te hard­loop.

Van Rens­burg sal ook nie hier­die na­week hier op die Suid-A­fri­kaan­se Ope-by­een­koms in ak­sie wees nie.

“Ek sal nie deel­neem nie, juis met die oog op my voor­be­rei­ding vir S­hanghai en Hen­ge­lo,” sê hy.

Van Rens­burg neem ook op 22 Mei aan die in­ter­na­si­o­na­le at­le­tiek­fe­de­ra­sie (IAAF) se Wê­reld Uit­daag­reeks in Hen­ge­lo, Ne­der­land, deel­neem.

) In­tus­sen word An­dré O­li­vier, brons­me­dal­je­wen­ner in die 800 op twee jaar ge­le­de se S­ta­te­bond­spe­le in Glas­gow, S­kot­land, se­dert Maan­dag in P­re­to­ria deur Jo­han Bo­tha, voor­ma­li­ge bin­nens­hui­se wê­reld­kam­pi­oen in dié i­tem, af­ge­rig, be­rig

O­li­vier is vroe­ër in Pot­chef­stroom deur die oud-S­pring­bok Je­an Ver­ster af­ge­rig wat ook vir Cas­ter Se­me­nya, voor­ma­li­ge O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner en wê­reld­kam­pi­oen, so­wel as Botswa­na se Ni­jel A­mos, die O­lim­pie­se sil­wer- me­dal­je­wen­ner, af­rig.

“Ek dink ’n ver­an­de­ring van om­ge­wing is nou die reg­te ding om te doen.

“In Potch was ek die laas­te ruk te veel in ’n ge­mak­so­ne.

“Ek het dit met Je­an be­spreek en hy het my skuif P­re­to­ria toe aan­vaar,” het O­li­vier ge­sê wat op die SA kam­pi­oen­skap in S­tel­len­bosch ’n lig­te skeur in sy dy­spier op­ge­doen het.

“Dit gaan ge­luk­kig nou be­ter en ek kan weer oe­fen.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Ryn­ardt van Rens­burg (regs) ver­le­de maand op die SA kam­pi­oen­skap in S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.