Irak­slag­of­fer se­ë­vier

Beeld - - Middelblad - Ma­ri­zan­ne Kok

P­re­to­ria. – Hy wou in­spi­reer, hy wou hom­self toets, hy wou sien of al die goeie din­ge wat hy van Suid-Afrika ge­hoor het, waar was – en na­tuur­lik wou hy wén.

Gis­ter­mid­dag het C­had P­fei­fer van San An­to­nio, Tex­as, met ’n breë glim­lag hier op die oe­fen-set­perk van die Zwart­kop-bui­te­klub ge­staan, en met die wen­tro­fee van die SuidA­fri­kaan­se Ope-gholf­toer­nooi vir ge­strem­des styf in sy arms ge­sê: “Ja, ek het reg­mer­kies ag­ter dit al­les.”

Die 33-ja­ri­ge A­me­ri­ka­ner het dié tro­fee ver­o­wer toe hy die Ka­na­dees Josh Wil­li­ams met ’n en­ke­le hou ver­slaan het. Die duo het saam­ge­speel in die laas­te groep en me­kaar nie ’n duim ge­gun nie.

P­fei­fer het vir die groot­ste deel van die dag daar­die skra­le voor­sprong van een hou ge­had, maar toe Wil­li­ams uit­ein­de­lik op die 17de ’n vo­ël­tjie-set­hou sink (na­dat die Zwart­kop-set­per­ke hom voor dan kna­end ge­dwars­boom het) het hy en P­fei­fer met hul tel­lings ge­lyk­op na die laas­te put­jie ge­stap.

Dáár het Wil­li­ams se aan­slag ge­sneu­wel toe hy die bal tot in ’n sand­kuil net voor die set­perk ge­slaan en ’n swak hou daar uit­ge­slaan het. P­fei­fer, daar­en­teen, het sy sand­hou van­uit die kuil net langs­aan tot en­ke­le tree van die vlag­gie ge­slaan, en met ’n sy­fer ge­noeg ge­doen om Wil­li­ams se fout uit te buit.

“Ek was se­ker maar ’n biet- jie op my se­nu­wees toe ons op die laas­te bof gaan staan en die tel­lings ge­lyk­op was, maar aan die an­der kant het ek ge­weet dis ’n sy­fer5-put­jie en ek het ’n kans. En ek het ge­wéét Josh gaan een of an­der tyd ’n vo­ël­tjie aan­te­ken – hy het net te goed ge­speel om heel­tyd sy­fers aan te te­ken,” het P­fei­fer ge­sê.

“Ek is in die wol­ke daar­oor dat ek hier­die tro­fee in my arms het.

“Dit was juis Josh wat ver­le­de jaar vir my ver­tel het van hier­die won­der­li­ke toer­nooi, en won­der­li­ke land, en ek is so bly ek het be­sluit om self te kom kyk of hy die waar­heid praat. Ek wou wen, en het, maar ek wou ook ’n in­spi­ra­sie wees vir Suid-Afrika se jong ge­strem­de spe­lers, en ter­self­der­tyd vir an­der wys geen ge­stremd­heid hoef jou te­rug te hou nie.”

P­fei­fer het sy lin­ker­been in A­pril 2007 ver­loor, ter­wyl hy in die Amerikaanse weer­mag was. Ter­wyl hy op pa­trol­lie in ’n Irak­se dorp was, het ’n bom on­der sy voer­tuig ont­plof en sy been af­ge­ruk.

Die Tex­aan het nie voor dit veel gholf ge­speel nie, maar is deur ’n me­de-sol­daat wat al­bei be­ne ver­loor het, na die gholf­baan ge­neem – en het nooit weer te­rug­ge­kyk nie. ) Die jong Ma­tie C­harl Theron was die bes­te Suid-A­fri­ka­ner, ná ’n 75 hom tot die ge­sa­ment­li­ke vier­de plek ge­help het.

Die 19-ja­ri­ge S­tel­len­bos­ser het ar­to­gripo­se, ’n seld­sa­me siek­te wat die soe­pel­heid van sy ge­wrig­te af­fek­teer. Sy groot droom, het hy ge­sê, is om een­dag in die Son­skyn­reeks te speel – maar dis ’n doel­wit waar­op hy eers sal fo­kus na­dat hy sy B.Rek-stu­dies af­ge­han­del het.

Fo­to: GALLO IMAGES

C­had P­fei­fer glim­lag breed na­dat hy die Suid­A­fri­kaan­se Ope­gholf­toer­nooi vir ge­strem­des by die Zwart­kop­bui­te­klub ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.