Pep ‘hart­seer en trots’ ná Bay­ern uit is

Beeld - - Middelblad - – Mai­lon­li­ne

Lon­den. – Al het hul­le met 2-1 ge­se­ë­vier oor At­lé­ti­co Ma­drid in M­ün­chen, is Bay­ern M­ün­chen eer­gis­ter­aand uit die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­boen­der.

At­lé­ti­co het die eer­ste wed­stryd in Ma­drid met 1-0 ge­wen en dring deur tot die eind­stryd om­dat hy die e­nig­ste weg­doel in die half­eind­stryd aan­ge­te­ken het.

Bay­ern se ne­der­laag be­te­ken sy af­rig­ter, Pep Gu­ar­di­o­la, sal hom bin­ne­kort by Man­ches­ter Ci­ty aan­sluit na­dat hy in al drie sy ja­re by dié Duit­se klub oor die half­eind-hek­kie ge­strui­kel het.

Xa­bi Alon­so het die eer­ste doel vir Bay­ern aan­ge­te­ken, waar­na An­toi­ne G­riez­mann net ná rus­tyd die deur­slag­ge- wen­de weg­doel vir At­lé­ti­co ge­skiet het.

Ro­bert Le­wan­dow­ski het die wen­doel vir Bay­ern be­haal, maar dit was nie ge­noeg om deur te dring nie.

In die an­der half­eind­stryd gis­ter­aand het Man­ches­ter Ci­ty teen Re­al Ma­drid ge­speel en Gu­ar­di­o­la het ge­sê hy sou die span on­der­steun by wie hy hom bin­ne­kort aan­sluit.

Dit is die der­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar dat Gu­ar­di­o­la se span teen ’n S­paan­se klub ver­loor.

“Ek was baie ge­luk­kig hier en na­tuur­lik wou ek graag die Kam­pi­oe­ne­li­ga wen. Ons het ons bes pro­beer, maar din­ge wou net nie uit­werk nie. My tyd by Bay­ern is ver­by en die men­se hier moet daar­van dink wat hul­le wil,” het Gu­ar­di­o­la ge­sê.

“Uit­ein­de­lik is ek baie te­vre­de met al­les wat hier ge- beur het. Ek het my bes ge­doen en van die eer­ste oom­blik tot die laas­te vir hier­die klub ge­gee.

“Ons het soms goed ge­speel en dan was daar weer tye waar dit nie so goed ge­gaan het nie. Die men­se kan maar sê wat hul­le wil.

“Dit was ’n eer om hier­die spe­lers af te rig. Ek het dit reg­tig hier ge­niet en ek glo Bay­ern se toe­koms is roos­kleu­rig met hier­die spe­lers.

“Ek is trots op my spe­lers. Dit was ’n won­der­li­ke wed­stryd en die on­der­steu­ners was ag­ter ons. Die klub het ’n groot toe­koms dank­sy dié in­ge­steld­heid. Ek wens Bay­ern net al­les van die bes­te toe.

“Ons het ’n fan­tas­tie­se Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­had en as jy sien hoe ons teen Ju­ven­tus ge­speel het, was dit iets be­son­ders.

“Ek is hart­seer, maar in die­self­de a­sem baie trots. Ek glo al­tyd daar­aan om vo­ren­toe te gaan en aan­val­lend te speel, maar ons het dit nie heel­te­mal ge­maak nie. Dit is hoe dit is.

“At­lé­ti­co is in die eind­stryd en ons nie. Net soos ons is ons on­der­steu­ners ook van­dag hart­seer. Ons sal din­ge oor die vol­gen­de paar dae ver­werk.

“Ons het al­les ge­doen wat ons kon en ek het vir die spe­lers ge­sê om hul kop­pe hoog te hou en trots te wees op wat hul­le ver­mag het.”

Die eind­stryd is op 28 Mei.

Fo­to: REU­TERS

Toe was daar nog hoop. Pep Gu­ar­di­o­la, af­rig­ter van Bay­ern M­ün­chen, moe­dig sy span Dins­dag­aand aan in die half­eind­stryd van die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga teen At­lé­ti­co Ma­drid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.