Leeus se groot loe­sing sal Al­lis­ter laat kop­krap

Beeld - - Middelblad -

Al­lis­ter Coet­zee sou ná Sa­ter­dag se slag­ting op El­lis­park kom­mer in sy ge­moed ge­had het.

Suid-Afrika se Su­per­rug­by­voor­bok, die Leeus, het op hul tuis­veld ’n pak sa­le van 17-50 teen een van die swak­ker Nieu-See­land­se span­ne op die lyf ge­loop.

Die S­tor­mers het boon­op daar­na op Nu­we­land teen die Wa­ra­tahs vas­ge­val.

Dit is eg­ter wat op El­lis­park af­ge­speel het, wat die seer­ste maak.

Die Leeus-man­ne ver­tel in die na­draai jy moe­nie te veel van die loe­sing maak nie.

El­ke span sal ie­wers in die reeks ’n af­dag hê en boon­op was die ge­luk net te dik­wels aan die Hur­ri­ca­nes se kant, word aan­ge­voer.

Dit is steeds on­rus­ba­rend dat ’n Ki­wi-span op El­lis­park nog­al só mak­lik 50 pun­te op­sta­pel.

Dit ge­beur nooit wan­neer daar in Nieu-See­land ge­toer word nie.

Die pro­bleem is dalk dat ons so nou en dan vals hoop kry dat die ga­ping tus­sen die twee rug­by­lan­de aan die krimp is.

Die Leeus het vroe­ër dít aan ons ge­doen toe hul­le die C­hiefs in Ha­mil­ton ge­klop het.

Die Haaie het die hoop meer on­langs aan­ge­blaas toe die Ki­wi’s se kam­pi­oen­span, die High­lan­ders, daar ge­troef is.

Dit was nie naas­ten­by so aan­skou­lik soos die Leeus se se­ge nie, maar steeds ’n be­dui­den­de wens­lag.

’n Paar as­pek­te van die Hur­ri­ca­nes se oor­win­ning sal Coet­zee stof tot na­den­ke gee.

Eer­stens, die Nieu-See­lan­ders se vaar­dig­he­de en vi­sie op die aan­val is steeds nie ver­ge­lyk­baar met dié van e­ni­ge an­der rug­by­land nie.

Die Ki­wi’s is in die op­sig in ’n klas van hul­le eie.

Daar is wel vor­de­ring on­der die Suid-A­fri­kaan­se span­ne.

Ver­al die Leeus kan jou dees­dae aan flar­de hard­loop. En selfs die Bul­le laat jou reg­op sit wan­neer hul­le laat waai.

Dit bring jou by die vraag: hoe gaan Coet­zee se Bok­ke speel?

In die 2009 het die S­pring­bok­ke die All Blacks drie keer ge­klop met ’n me­ren­deels kon­ser­wa­tie­we plan, wat met groot ak­ku­raat­heid deur Fou­rie du P­reez en Mor­né S­teyn uit­ge­voer is.

Dit het ’n tyd­jie ge­vat, maar daar is he­laas be­sef wê­reld­rug­by het aan­be­weeg tot ’n meer aan­val­len­de be­na­de­ring.

Nol­lis Ma­rais, die ar­gi­tek ag­ter die “nu­we Bul­le”, ver­wys ge­reeld daar­na dat sy spe­lers te­rug­val op die ou ma­nier van speel wan­neer hul­le on­der druk ge­plaas word.

Die Leeus het teen die Hur­ri­ca­nes al meer be­gin waag en in die pro­ses ver­der op die tel­bord ag­ter ge­raak met ge­waag­de aan­geë.

Suid-A­fri­kaan­se span­ne suk­kel ook steeds om ’n Plan B of C te ont­plooi en uit te voer.

Dit was vroeg dui­de­lik die Leeus was by die af­breek­pun­te in die ’Ca­nes se vi­sie­re, maar die tuis­span het end­uit geen ant­woord ge­had nie.

Ver­geet eers van die All Blacks. Die Ie­re sal in Ju­nie ’n goeie toets wees.

Coet­zee sal met­ter­tyd sy eie stem­pel af­druk. Die les­se wat op El­lis­park ge­leer is, kan hom na de­se dalk oor­tuig om die nu­we era met ’n meer tra­di­sie­ge­troue plan te be­gin.

Iets na­der aan 2009 as wat ons in 2016 in die Su­per­rug­by­reeks van die Leeus sien.

Co­bus Claas­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.