Dur­ban ‘sal reg wees vir Afrika­kam­pi­oen­skap’

Beeld - - Middelblad - Dak­sie – S­por­t­re­

Jo­han­nes­burg. – Die Afrika­at­le­tiek­kam­pi­oen­skap sal be­slis van 22 tot 26 Ju­nie in Dur­ban ge­hou word – al is die baan van die Kings­park­at­le­tiek­sta­di­on in ’n baie swak toe­stand.

A­leck Sk­hosa­na, pre­si­dent van At­le­tiek Suid­Afrika (ASA), het gis­ter­aand in ’n ver­kla­ring ge­sê die me­tro­raad van eT­hek­wi­ni het ASA ver­se­ker herstelwerk aan die baan sal af­ge­han­del wees teen die tyd wan­neer die eer­ste at­le­te uit Afrika vol­gen­de maand in dié stad aan­kom.

Die me­tro­raad het ook die ver­se­ke­ring ge­gee dat hy sy an­der ver­plig­tin­ge teen­oor dié sport­skou­spel – waar­aan die bes­te at­le­te op die vas­te­land sal deel­neem – sal na­kom.

Die re­ge­ring het ook sy steun aan die by­een­koms toe­ge­sê.

Sk­hosa­na het ge­sê daar is by hom geen twy­fel nie dat die me­tro­raad sy woord ge­stand sal doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.