Met húl­le hoef Bul­le nie te raap en skraap

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – In dié sta­di­um van die Su­per­rug­by-wed­loop wil ’n af­rig­ter kan kies en keur en nie raap en skraap nie.

In kort: Diep­te is dik­wels ’n luuk­se wan­neer die uit­mer­ge­len­de reeks ein­de se kant toe staan.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, gee toe hy kan nie hier­oor kla nie.

Ver­al nie on­der die los­voor­spe­lers nie.

Dit raak trou­ens al hoe moei­li­ker om die Bul­le se bes­te los­trio te kies.

Han­ro Lie­ben­berg, Ar­no Bo­tha en Lap­pies La­bu­schag­né was op hul stuk­ke teen die For­ce en is in die be­gin­span be­hou vir Vry­dag se ont­moe­ting met die Brum­bies in Can­ber­ra.

Hul­le het uit­ste­kend ge­kom­bi­neer.

Ma­rais sê die im­pak wat die drie­tal ge­had het in die Bul­le se blink ver­to­ning, kan nie ge­ring­ge­skat word nie.

Lie­ben­berg het met sy krag­spel be­ïn­druk en die agt­ste­man, wat ver­le­de jaar as ’n 19-ja­ri­ge sy Su­per­rug­by-bui­ging teen All Black-har­de­baar­de soos Ri­chie M­cCaw en Kie­ran Re­ad ge­maak het, is son­der twy­fel be­stem vir gro­ter din­ge.

Bo­tha het op sy beurt sy bes­te ver­to­ning in ’n lang ruk ge­le­wer en in die pro­ses ses keer die For­ce se be­sit om­ge­keer.

La­bu­schag­né was ou­der­ge­woon­te ’n on­be­son­ge werk­e­sel en net die High­lan­ders se T­ho­mas Frank­lin het in die tien­de ron­de meer duik­slae as hy ge­maak.

Dit be­te­ken die vu­ri­ge jong Jan­nes Kir­sten – een van die Bul­le se bes­te voor­spe­lers van­jaar – sal weer in die twee­de helf­te as ’n im­pak­spe­ler op­ge­stuur word.

An­ton Le­o­nard, die Bul­le se voor­spe­ler-af­rig­ter, sê Lie­ben­berg het ’n groot ver­skil ge­maak teen die For­ce.

“Hy bied as ’n bal­dra­er baie keu­ses en met Lap­pies en Ar­no wat so veel­sy­dig is, vul hul­le me­kaar goed aan.

Han­ro gee aan ons ook ’n by­ko­men­de lyn­staan-keu­se.

“Ek dink wel Jan­nes is in ’n klas van sy eie as jy kyk na sy werk­ver­rig­ting.

“Hy is be­slis een van die groot vond­se van die sei­soen.”

Die bal­jag­ter Roe­lof S­mit is saam met Kir­sten ’n plaas­ver­van­ger in Can­ber­ra.

) Die Na­mi­bie­se flank Re­nal­do Both­ma maak Sa­ter­dag sy bui­ging vir die Blou Bul­le teen die OP-Kings in die Baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.