LAAT WAAI: Merc se nu­we C­koe­pee ’n slan­ke ka­lant

Beeld - - Motors - Fer­di de Vos

Mer­ce­des-Benz se lank ver­wag­te C-klas-koe­pee is nou uit­ein­de­lik in Suid-Afrika – by­na twee jaar na­dat die jong­ste C-klas-se­dan, wat plaas­lik ge­bou word, hier be­kend ge­stel is.

Die wag was eg­ter die moei­te werd, want waar vo­ri­ge C-koe­pees se GT-ge­loofs­brie­we deur ge­deel­de on­der­stel­le en on­der­de­le ge­trei­ter is, is die W205-weer­ga­we uit die staan­spoor doel­ge­rig ont­wik­kel as die spor­tief­ste mo­del in die jong­ste reeks.

Só het sy CL203-voor­gan­ger, aan­vank­lik be­kend as die op­ti­mis­ties-be­naam­de C230 S­por­t­cou­pé en la­ter, met heel­wat on­der­de­le van die op­ge­dol­lie­de W204, as die CLC, lan­ger as ’n de­ka­de voort­ge­ploe­ter.

Die CLC is in 2012 ver­vang deur die eer­ste wa­re C-klas-koe­pee, ge­grond op die op­ge­kik­ker­de W204-se­dan, wat sy on­der­stel en on­der­de­le met die C207 E-klas en CLK ge­deel het.

Hier­die twee­deur­mo­del was be­geer­lik in eie reg, en het as ba­sis vir die on­stui­mi­ge C63 AMG Black Se­ries en die C63 AMG E­di­ti­on 507 van 2013 sy spo­re ver­dien.

Al­les wat S­tutt­gart se in­ge­ni­eurs uit hier­die on­der­vin­ding ge­leer het, is nou in die jong­ste W205-koe­pee­mo­del ver­vat.

Die nu­we­ling is heel­wat lan­ger as sy voor­gan­ger (10 cm), sy as­af­stand is met 8 cm ge­rek en sy neus is va­n­af die en­jin­skort met die bin­ne­ruim tot by die voor­as met 6 cm ver­leng.

Hy staan ook 4 cm bre­ër as die W204-weer­ga­we, en hurk ’n am­per­se 2 cm na­der aan die teer as sy se­dan­ge­noot om sy spor­tie­we ka­rak­ter nog ver­der te ver­sterk.

Sy neus­ont­werp, met die net­jie­se di­a­man­troos­ter, is soort­ge­lyk aan die van die se­dan, maar va­n­af die raam­lo­se deu­re, met ’n hoë gor­del­lyn wat on­der die ken­mer­kend ge­kurf­de dak­lyn na ag­ter strek (met ’n 0.26 Cd-sleur­sy­fer), is dit pu­re koe­pee.

Die for­se ag­ter­kant het ste­wi­ge ont­werp­ken­mer­ke van die S-klas­koe­pee, en hoe­wel s­ti­le­rings­ge­wys nog steeds nie so e­le­gant soos sy vlag­skip-stal­maat nie, is die nu­we C-koe­pee be­slis ’n ver­lei­de­lik aan­trek­li­ke ry­ding.

Die mo­del se u­nie­ke po­si­sie bin­ne die mo­del­hi­ë­rar­gie word ver­der in die bin­ne­ruim deur spe­si­aal ont­werp­te sport­sit­plek­ke en spe­si­a­le kleur­kom­bi­na­sies vir die be­kleed­sel (soos u­nie­ke neut­bruin en swart met tur­koois stik­werk in die E­di­ti­on 1) be­klem­toon.

Tog, selfs met meer bin­ne­ruim­te is daar net plek vir vier in­sit­ten­des in hier­die jong­ste S­tutt­gart­se me­de­din­ger vir die BMW 4-reeks, Au­di se A5, die Lexus RC en die voor­ge­no­me In­fi­ni­ti Q60.

’n Wye ver­skei­den­heid op­sies is be­skik­baar, on­der meer AMG Li­ne-by­kom­stig­he­de en Chro­me­pak­ket-bin­ne­ruim-toe­rus­ting, ’n Front­bass en Bur­me­ster-klank­stel­sel, Co­mand-aan­lyn­funk­sies en ’n string In­tel­li­gent D­ri­ve- Mer­ce­des se af­wer­king bin­ne is dees­dae klas­lei­dend. Vloei­en­de ly­ne en dow­we a­lu­mi­ni­um is ge­kom­bi­neer om ’n e­le­gan­te, mo­der­ne ef­fek te s­kep. Kyk net die net­jie­se swiep wat die raak­pa­neel­stut on­der jou ge­wrig vorm. En­jin stel­sels. Die reeks be­staan uit drie mo­del­le: Die C200 en C300 deel die­self­de 2.0-li­ter­tur­bo, maar bied ver­skil­len­de krag­vlak­ke, ter­wyl die C220d die groep se 2.1-li­ter-tur­bo­die­sel het.

So­wel die C200 as die C220d kom stan­daard met ’n ses­gang­hand­rat­kas, ter­wyl die C300 net met die se­wegang- ou­to­ma­tie­se rat­kas be­skik­baar is.

Die C220d kan wel ook met die groep se nu­we ne­ge­gang-ou­to­kas be­stel word.

By die be­kend­stel­ling het weer­ga­wes van elk op Ou­baai na­by Ge­or­ge vir ons ge­wag – ge­reed om die Ro­bert­son- en Ou­te­nie­kwa­pas aan te durf.

Met ’n nuut ont­wik­kel­de vier­ska­kel-voor­as-ve­ring­stel­sel, ’n vyf-ska­kel­stel­sel ag­ter en op­si­o­ne­le Air­ma­tic-lug­ve­ring (twee nor­ma­le staal­ve­ring­stel­sels is stan­daard) het die koe­pee lek­ker plat deur die draaie ge­seil.

Sy ste­wi­ge dog lig­te kon­struk­sie het sy rat­se han­te­ring ver­der aan­ge­help, en met vyf rit­mo­dus­se (Eco, Com­fort, Sport, Sport+ en In­di­vi­du­al) be­skik­baar, was dit mak­lik om die bes­te rit­ge­hal­te vir el­ke pad­toe­stand te vind.

Vir goeie han­te­ring in die kron­kels was die Sport-ver­stel­ling (Sport+ werk net op spie­ël­glad­de bi­tu­men) en nor­ma­le stuur­ver­stel­ling (die Sport-ver­stel­ling is net te skerp) die bes­te. Die rit­mo­dus­stel­sel laat jou toe om die on­der­skeie me­ga­ni­ka se ka­rak­ter in­di­vi­du­eel aan te pas.

Dit was gou dui­de­lik dié mo­del is be­slis die bes­te in die Benz-stal wat pad­di­na­mi­ka be­tref (AMG’s uit­ge­sluit) en tog steeds heer­lik stil bin­ne, met net band- en pad­ge­raas werk­lik hoor­baar.

Die C220d met sy goeie wring­krag­le­we­ring was my guns­te­ling (die C300 se en­jin was ver­al teen ho­ër toe­re nog­al ra­se­rig). Van die drie is dit ook die sui­nig­ste.

Hou eg­ter in ge­dag­te dat hoe­wel die reeks se ba­sis­pry­se re­la­tief aan­vaar­baar is, dit tot meer as R100 000 ek­stra kan kos met stel­sels soos Air­ma­tic (lug­ve­ring) en In­tel­li­gent D­ri­ve (rit­mo­dus). ’n E­di­ti­on 1-mo­del sal jou nog ’n by­ko­men­de R49 000 uit die sak jaag, en ont­hou ook dat die pry­se nie CO2-be­las­ting in­sluit nie.

Tog, die nu­we C-koe­pee is ver­lei­de­lik – nie net vi­su­eel nie, maar ook di­na­mies.

Merc kan be­slis Koe­pee-reg op hier­die mo­del voor­be­hou.

Mer­ce­des se nu­we C­koe­pee het ’n tref­fen­de voor­aan­sig. ’n Veel la­er grond­vry­hoog­te en slim teg­no­stel­sels be­te­ken sy di­na­mie­se rit­ge­hal­te is merk­baar ver­be­ter se­dert die vo­ri­ge mo­del.

Die ruim­te ag­ter is maar knap, maar die jon­ges en skra­les sal ’n rit kan mee­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.