NUTTIG: Pot­sier­li­ke kar­re­tjie dalk die ant­woord

Beeld - - Motors -

Hy weeg min­der as ’n Uno en lyk soos iets waar­mee Ro­nald M­cDo­nald sal rond­ry. Maar vir al sy pot­sier­lik­he­de is daar ook baie ver­nuf in Gor­don Mur­ray se nu­we kon­sep­stads­mo­tor ver­weef. Soos by­voor­beeld die af­we­sig­heid van kant­spie­ëls, ten voor­deel van ka­me­ras om wind­weer­stand te ver­min­der.

Die oud-Suid-A­fri­ka­ner en ont­wer­per van die M­cLa­ren-F1-su­per­mo­tor in die 1990’s het Vry­dag, op Aar­de­dag, sy jong­ste pro­jek be­kend ge­stel.

Sy so­ge­naam­de Pro­jek M is in sa­me­wer­king met die pe­tro­le­um­reus S­hell aan­ge­pak. Die eind­pro­duk, sê Mur­ray, is slegs ’n kon­sep­mo­del en nie vir die toon­vloer be­doel nie. Maar sy ge­dag­te­rig­ting maak baie sin.

Die kon­sep­mo­tor­tjie is ge­skoei op sy T.25e­lek­trie­se mo­tor wat hy in 2010 ont­hul het. Maar pleks van daar­die mo­tor se bat­te­ry en ’n e­lek­trie­se mo­tor, be­nut hier­die po­ging ’n pe­trol­en­jin van 660 cc (32 kW, 64 Nm) en drie si­lin­ders. Die Ja­pan­se geo-groep het ag­ter die en­jin­ont­wik­ke­ling ge­staan. Die en­jin is ti­pies wat jy in die Ja­pan­se Kei-mo­tor­ka­te­go­rie vind (wat ook net in Ja­pan ver­sprei word). Die in­ge­ni­eurs het die en­jin se wry­wing so min as moont­lik pro­beer maak deur glad­der op­per­vlak­ke te be­werk­stel­lig – en van S­hell se bes­te smeer­mid­dels in te span.

Die la­er wry­wing was een as­pek. Nog iets was die la­er wind­weer­stand (daar is net een ruit­ve­ër), maar die mo­tor­tjie self is ook baie lig: skaars 550 kg.

Dit het die span reg­ge­kry deur die ma­tes so klein moont­lik te hou. Ba­sies is dit op die ou T.25 ge­skoei, maar nou net ge­mo­der­ni­seer. Teen 1,6 m hoog en net 1,35 m breed is hy piep­klein.

Die bak­werk is van her­won­ne kool­stof­ve­sel ge­maak – wat be­te­ken die he­le mo­tor­tjie kan aan die ein­de van sy leef­tyd her­win word.

Bin­ne sit jy – nes in die F1 – een-plus­t­wee: die be­stuur­der voor, in die mid­del, en ag­ter weers­kan­te van hom die twee pas­sa­siers.

Die dak en voor­ruit kan­tel vo­ren­toe oop om uit te klim.

Maar die ster van die pro­jek is die ver­rig­ting­sy­fers. Mur­ray sê die op­ti­ma­le snel­heid vir die en­jin is so 70 km/h. Dan kan jy jou ver­bruik laat daal tot skaars 2,2 li­ter – ge­noeg om jou ’n te­o­re­tie­se reik­af­stand van 1 000 km te gee met sy 22 li­ter­brand­stof­tenk.

Na­tuur­lik het S­hell sy eie a­gen­da met die pro­jek. Maar Mur­ray het tog ’n hou in die maag van die voor­stan­ders van e­lek­trie­se mo­tors in­ge­kry.

Waar ’n Te­sla ’n be­perk­te reik­af­stand het, kan Mur­ray se kon­sep­mo­tor drie keer so ver vor­der voor­dat jy hoef stil te hou vir brand­stof.

Nou moet hy net ’n tur­bo aan daar­die en­jin vas­skroef en ge­mak­li­ker sit­plek­ke in­sit (langs me­kaar). Dan kan ’n mens met hom jou ou of mei­sie gaan op­laai.

Die kon­sep­mo­tor lyk ef­fens laf, maar hy bied nu­we le­we aan die toe­koms van die bin­ne­brand­en­jin.

Kry jou sit só.

En van ag­ter af . . .

Die be­stuur­der sit in die mid­del, voor. Skerms weers­kan­te, pleks van kant­spie­ëls, wys jou ’n ka­me­ra se beeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.