Op­ge­knap­te Corol­la bied nóg be­ter waar­de

Beeld - - Motors - Die Corol­la Qu­est met sy bak­kleur­deur­hand­vat­sels en ­kant­spie­ëls. Die op­ge­knap­te Corol­la Qu­est se ka­juit. Die pry­se is:

Toyo­ta het sy vo­ri­ge Corol­la op­ge­knap. Die Corol­la Qu­est val on­der die nu­we ge­ne­ra­sie Corol­las in en dien as ’n “waar­de­pro­po­si­sie” in die seg­ment.

En die Qu­est het nie on­ge­siens by ko­pers ver­by­ge­gaan nie. Die Corol­la Qu­est ver­teen­woor­dig een uit el­ke vyf ver­ko­pe in die C-seg­ment (22%).

Die Corol­la Qu­est is vir 2016 ver­fris met die toe­voe­ging van bak­kleur-deur­hand­vat­sels en -kant­spie­ëls bui­te.

Wat ge­mak be­tref, pronk al die mo­del­le nou met e­lek­tries be­heer­de ven­sters met en­ke­laan­ra­king aan die be­stuur­der se kant.

Dit vul die re­de­lik om­vat­ten­de lys stan­daard­toe­rus­ting aan wat in al die Corol­la Qu­est-mo­del­le aan­ge­tref word, waar­on­der lug­ver­sor­ging, mul­ti-in­lig­ting-ver­toon­skerm, krag­stuur met kan­tel- en te­le­sko­pies ver­stel­ba­re stuur­ko­lom, ’n dief­weer­stel­sel, af­stand­be­heer­de sen­tra­le s­lui- ting, lug­sak­ke vir die be­stuur­der en voor­ste pas­sa­sier, sluit­we­ren­de rem­me (ABS) en e­lek­tro­nie­se rem­krag­ver­de­ling (EBD) plus nood­rem­hulp.

Die Corol­la Qu­est kan in twee mo­del­gra­de­rings be­stel word – S­tan­dard en Plus. Die Plus-mo­del het ’n by­ko­men­de vier­luid­spre­ker-klank­stel­sel met ’n CD­spe­ler en USB-sok.

Die Plus-mo­del­le kry as deel van die 2016-op­gra­de­ring ook Blu­e­tooth-funk­si­o­na­li­teit vir hand­vrye sel­foon­ge­bruik.

Die Qu­est word aan­ge­dryf deur Toyo­ta se ses­tien­klep­per van 1.6 li­ter wat 90 kW en 154 Nm wring­krag bied.

Vol­gens Toyo­ta kan die en­jin so min soos 7,1 li­ter pe­trol per 100 km ge­bruik.

Ko­pers het ’n keu­se van ’n ses­gang-hand­rat­kas of vier­gangou­to­kas vir die stan­daard-mo­del.

Die Plus-mo­del­le is net met die ses­gang-hand­rat­kas be­skik­baar. ) Qu­est 1.6 – R199 400. Qu­est 1.6 ou­to – R214 600. Qu­est 1.6 Plus – R215 100.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.