Heu­wel­blit­se jag 40 se­kon­des

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Die jaar­lik­se Si­mo­la Hil­l­climb by Knys­na kan met reg Suid-Afrika se eie Good­will Fe­s­ti­val of S­peed ge­noem word.

Die Good­will-fees ver­wys na ’n by­een­koms in B­rit­tan­je waar e­ni­ge ry­ding wel­kom is om ’n re­kord­tyd oor ’n se­ke­re af­stand teen ’n heu­wel te pro­beer op­stel, nu­we ry­goed hul de­buut maak, mo­tor­sport­hel­de en be­ken­des kui­er en ’n ver­skei­den­heid ry­goed ten toon ge­stel word.

Die na­week is dit sul­ke tyd in Knys­na waar die fo­kus be­slis die kop­pie­klim-jaag­tog oor ’n af­stand van 1,9 km sal wees.

’n He­le klomp brul­len­de vuur­wa­ens sal pro­beer om die kron­kel­pad met sy veeg­draaie links en regs in min­der as 40 se­kon­des af te lê.

In 2009 het ’n paar vin­ni­ge man­ne in vin­ni­ge ry­goed die eer­ste keer ge­kyk wie die roe­te die vin­nig­ste kan af­lê.

En dit was geen ver­ras­sing nie dat die i­ko­nie­se Suid-A­fri­kaan­se ren­ja­er Sa­rel van der Mer­we, be­ter be­kend as Su­per­van, die eer­ste uit­da­ging ge­wen het. Su­per­van het in ’n O­wen Ash­ley Ford Mus­tang die roe­te in ’n tyd van rond­om 43 se­kon­des kaf­ge­draf.

In 2010 was dit nog ’n baan­en tyd­ren­le­gen­de, Geoff Mor­ti­mer, in ’n Mit­subis­hi Lan­cer Evo 9 wat die kop­pie­klim in ’n tyd van 50.6 se­kon­des ge­wen het.

In 2011 het die grof­ge­skud op­ge­daag toe Wil­helm Baard in ’n Nis­san Sky­li­ne GT-R (R35) net 42 se­kon­des ge­neem het en in 2012 was dit weer ’n GT-R (R34), dié keer in die han­de van Ja­de Gut­zeit, wat die vo­ri­ge jaar se wen­tyd met ’n halfs­e­kon­de ver­be­ter het.

In 2013 is die by­een­koms nie ge­hou nie om­dat daar nie ge- noeg bor­ge was nie en in 2014 het Fran­co S­cri­ban­te met die King of the Hill-ti­tel weg­ge­jaag in sy plat C­hev­ron B19, ook met ’n tyd van rond­om 41.2 se­kon­des.

Laas jaar het die 40 se­kon­de­tei­ken in die vi­sier ver­skyn toe Des Gut­zeit in ’n Nis­san GT-R (R32) in ’n frak­sie meer as 40 se­kon­des die roe­te vol­tooi het.

Die GT-R’e met hul vier­wiel­vas­trap blyk net die reg­te ry­goed vir dié soort uit­da­gings te wees. Die BB Nis­san-groep bring twee GT-R’e Knys­na toe, waar­van die een Go­d­zil­la heet. Soos die rol­prent­mon­ster het die Go­d­zil­la-GT-R ge­noeg krag om e­nig­iets te laat les op­sê. On­der die en­jin­kap is ’n mon­ster van ’n krag­bron wat 750 kW en 1 000 Nm uit­skop teen­oor die an­der GT-R se meer be­sa­dig­de 424 kW en 847 Nm. Wil­helm Baard sal ag­ter Go­d­zil­la se stuur in­skuif met Ja­ki S­check­ter wat al in­ter­na­si­o­naal deel­ge­neem het, in die twee­de GT-R. S­check­ter is die broers­kind van die Suid-A­fri­kaans ge­bo­re Jo­dy S­check­ter, die land se e­nig­ste F1-kam­pi­oen.

Twee voor­ma­li­ge wen­ners het in­tus­sen ook laat weet dat hul­le die no­di­ge “ma­sji­ne­rie” het om die ti­tel in min­der as 40 se­kon­des te wen. Laas jaar se wen­ner sê hy wil die eer­ste ja­er word om dit twee keer ná me­kaar reg te kry.

Gut­zeit se 1993-GT-R, waar­mee Die be­stuur­der Die wa­pen Sa­rel vd Mer­we O­wen Ash­ley Mus­tang 43 sek. Lan­cer Evo 9 hy laas jaar bin­ne be­reik van die ma­gie­se 40-se­kon­de-tyd ge­kom het, is on­der han­de ge­neem en pomp nou in die om­ge­wing van 1 100 kW uit.

’n An­der ja­er waar­voor uit­ge­kyk moet word, is 2014 se wen­ner, Fran­co S­cri­ban­te, wat sy C­hev­ron B19 in B­rit­tan­je laat oor­bou het, wat nou B26 heet.

Dié vuur­wa het ’n 2.9-li­ter-V8­en­jin. Die en­jin is twee Su­zu­ki Wil­helm Baard Nis­san Sky­li­ne GT­R R35 42 sek. Ha­y­a­bu­sa-mo­tor­fiet­s­en­jins wat aan­me­kaar ge­las is en al­hoe­wel dit “net” 336 kW le­wer, weeg die he­le ren­mo­tor slegs 580 kg, aan­sien­lik lig­ter as die GT-R’e.

Moet ook nie die ou­er gar­de on­der­skat nie. Die wen­ner in 2010, Geoff Mor­ti­mer, wat nou 80 jaar oud is, sal weer in ’n Mit­subis­hi Lan­cer Evo 9 in ak­sie wees met dig­by 670 kW on­der die en­jin­kap.

Fo­to: BRENDAN CROFT

Go­d­zil­la wat met sy 750 kW die Si­mo­la­heu­wel gaan pro­beer tem en Wil­helm Baard wat ag­ter die stuur sal in­skuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.