Stryd tus­sen drie ja­ers wag op Le Mans­ren­baan

Beeld - - Motors -

Son­dag sak die Mo­toGP-sir­kus op die Le Mans-ren­baan in Frank­ryk toe. Vir die voor­ste drie ry­ers kan ’n wen of ver­loor ’n groot ver­skil aan hul po­di­um­sta­tus so­ver in die kam­pi­oen­skap maak.

Marc Mar­quez (Rep­sol Hon­da) se voor­lo­per­sta­tus kan mak­lik in die ge­drang kom as hy glad nie of baie laag in die pun­te­rang­or­de klaar­maak.

Tus­sen Mar­quez en die Ya­maha Mo­vis­tar-duo se Jor­ge Lo­ren­zo en Va­len­ti­no Ros­si is daar on­der­skei­de­lik net 17 en 24 pun­te ver­skil.

Le Mans is ’n goeie jag­veld vir al drie ja­ers. Laas jaar het Lo­ren­zo ko­ning ge­kraai, met Ros­si twee­de en Mar­quez in die vier­de plek.

In 2014 was die bord­jies om­ge­ruil met Mar­quez wat ge­wen het, Ros­si weer twee­de en Lo­ren­zo der­de.

Dit is eg­ter nie net dié drie ja­ers wat aan­spraak op die po­di­um­plek­ke kan maak nie.

Du­ca­ti se And­rea Do­vi­zi­o­so het on­ge­loof­li­ke te­ë­spoed in die eer­ste drie ren­ne ge­had son­der dit e­nig­sins sy fout was.

In Ar­gen­ti­nië is Do­vi­zi­o­so ’n Va­len­ti­no Ros­si is heel ver­heug oor sy eer­ste plek in S­pan­je, maar ag­ter hom is Marc Mar­quez wat der­de was en dank­sy die der­de plek se 16 pun­te steeds die voor­lo­per in die kam­pi­oen­skap is. twee­de plek op die po­di­um ont­neem toe sy span­maat, And­rea Ia­non­ne, kort voor die wen­streep teen hom ge­bots het.

In Tex­as het Da­ni Per­do­sa op die an­der Rep­sol Hon­da ’n fout be­gaan en Do­vi­zi­o­so se wie­le on­der hom uit­ge­ry.

As­of dit nie erg ge­noeg was nie het Do­vi­zi­o­so se mo­tor­fiets laas week op Je­rez half­pad deur die ren die gees ge­gee en moes hy te­rug kui­pe toe.

Al die fou­te het by­ge­dra tot die twee Du­ca­ti’s se tien­de en 11de plek­ke op die pun­te­leer.

Pe­dro­sa het bui­ten sy bot­sing met Do­vi­zi­o­so re­de­lik kon­stant pres­teer wat aan hom die vier­de plek be­sorg het.

Ros­si het op Je­rez nie net die voor­ste weg­spring­plek be­haal nie, maar ook ’n goeie weg­spring ge­had en met die uit­son­de­ring van ’n paar se­kon­des die he­le ren van voor af be­heer.

Ros­si is nie be­kend vir sy goeie weg­sprin­ge of as die vin­nig­ste kwa­li­fi­seer­der nie.

Je­rez het eg­ter ge­wys dat wan­neer al­les reg ver­loop, Ros­si en sy Ya­maha baie moei­lik ge­klop kan word. Die­self­de geld eg­ter sy twee ver­naam­ste me­de­din­gers wat al ge­wys het dat in pre­sies die­self­de om­stan­dig­he­de hul­le die heel­tyd voor kan jaag en wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.