Op­win­ding met veld­ren se ‘T20’ in V­re­de­fort

Beeld - - Motors -

Die twee­de ron­de van die Do­nald­son Suid-A­fri­kaan­se Veld­tyd­ren­kam­pi­oen­skap word Sa­ter­dag op V­re­de­fort in die Vry­staat be­slis.

V­re­de­fort, waar die groot­ste me­te­o­riet nóg die aard­bol ge­tref het, huis­ves die kort­ste by­een­koms op die 2016-veld­ren­ka­len­der. Die by­een­koms, wat as die V­re­de­fort-Su­per­na­el­ren be­kend staan, is spe­si­fiek ont­werp om die groot­ste in­druk op toe­skou­ers te maak – baie soos wat T20 in krie­ket is.

“Dit is ’n in­te­res­san­te ver­nu­wing,” sê G­lyn Hall, span­hoof van Toyo­ta Ga­zoo Ra­cing.

“Die by­een­koms, waar­van die roe­te net 200 km lank is, is min­der as die helf­te van die ren­af­stand waar­aan ons ge­woond is. Maar ons is vol ver­troue na­dat ons vroe­ër van­dees­maand die o­pe­nings­ron­de in Vry­burg ge­wen het.”

Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oe­ne, Leeroy Poul­ter en sy na­vi­ga­tor, Rob Ho­wie, het die RFS-Vry­burg-Uit­hou­ren, die eer­ste ron­de van die kam­pi­oen­skap, ge­mak­lik ge­wen.

Hul span­maats An­tho­ny Tay­lor en Den­nis Murp­hy was die naas­wen­ners in ’n i­den­tie­se Toyo­ta Hi­lux.

Maar die Hi­lux-bri­ga­de sal moet lig loop, want die Ford Ran­gers is op hul spoor.

Bui­ten nu­we ban­de wat vol­gens Ford se Neil Wool­rid­ge die speel­veld ge­ly­ker sal maak, het die Ran­gers nog ’n paar ek­stra per­de on­der die en­jin­kap by­ge­kry wat die Ford-bak­kies me­de­din­gen­der sal maak.

Ford se hoop is op Chris Vis­ser en Ward Hux­ta­ble en op Ga­reth Wool­rid­ge en Boyd D­rey­er in die an­der Ford Ran­ger.

) Die ren be­staan uit twee rond­tes wat elk 100 km lank is. Die eer­ste rond­te be­gin Sa­ter­dag­og­gend om 09:30 met stof­ga­pings van twee mi­nu­te, ge­volg deur ’n ver­plig­te kui­pe­be­soek om die voer­tuie te ver­sien. Hoe­wel die kui­pe­be­soek ge­woon­lik 20 mi­nu­te duur, sal die V­re­de­fort-Su­per­na­el­ren in twee af­son­der­li­ke ren­ne ver­deel word, met die twee­de rond­te wat om 13:30 be­gin.

Die ren­hoof­kwar­tier en aan­ge­we­se diens­punt vir die ren is aan die bui­te­wy­ke van V­re­de­fort op die plaas Wit­wal.

Ver­ver­sings sal daar te koop wees, waar ho­pe ver­maak ook aan­ge­bied word.

Toe­skou­ers sal ook die kans hê om die deel­ne­mers en hul voer­tuie van na­by te sien. Fo­to’s: QUICKPIC

Chris Vis­ser en Ward Hux­ta­ble in die Ford Ran­ger.

An­tho­ny Tay­lor en Den­nis Murp­hy in die Toyo­ta Hi­lux.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.