FIA­op­sie­ners be­derf F1­pret

Beeld - - Motors - Hen­drik Ver­woerd

Wat pre­sies wil ’n mo­tor­sport­gees­drif­ti­ge in ’n wed­ren sien? Ek sou dink be­hal­we dat hy sy guns­te­ling­ja­er en -span wil sien wen, wil hy ook ’n goeie stryd sien. Ver­kies­lik om die eer­ste plek, maar as dit om min­de­re po­si­sies gaan, is dit ook reg. En as ’n bie­tjie fi­sie­ke kon­tak by­ge­voeg word, so­veel te be­ter.

Die­self­de geld vir die ja­ers. Hul­le wil in staat wees om vir ’n plek te ba­klei en nie­mand gee om as lig­te kon­tak ge­maak word nie, so­lank daar geen bla­tan­te, doel­be­wus­te po­ging is om ’n teen­stan­der uit te haal nie.

Dit lyk of die FIA se op­sie­ners ( ste­wards) van ver­le­de Son­dag se Rus­sie­se Grand Prix ver­geet het dit geld nie net vir klub­wed­ren­ne nie, maar ook vir For­mu­le Een. Ja, hul rol is om die re­ëls toe te pas, maar re­ëls in sport is meest­al oop vir in­ter­pre­ta­sie. Die op­sie­ners, soos skeids­reg­ters in an­der sport­soor­te, moet al­tyd ver­sig­tig wees om nie die wed­ren vir ja­ers en toe­skou­ers te be­derf deur te oor­y­we­rig te wees nie.

Nie min­der nie as vier ja­ers is ge­du­ren­de die wed­ren ge­straf vir voor­val­le wat waar­skyn­lik niks meer as ge­wo­ne ren­in­si­den­te was nie.

In twee ge­val­le was dit vir kon­tak in die hit­te van die stryd kort ná die weg­spring in die eer­ste paar draaie.

Dit is juis wan­neer die mo­tors nog baie na aan me­kaar is en ja­ers die klein­ste ga­ping pro­beer vat om­dat hul­le weet dis hul bes­te kans om plek­ke op te maak.

Die eer­ste was Red Bull se Da­niil K­vy­at. Hy is te­rug kui­pe toe ge­stuur vir ’n 10-se­kon­de-stop-ry­straf om­dat hy in die twee­de en der­de draai in Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel vas­ge­ry en daar­mee ver­oor­saak het dat die Duit­ser teen die sper­muur ge­bots het.

Maar was dit rê­rig ’n doel­be- wus­te po­ging om Vet­tel uit te haal? Ek kan dit nie in­sien nie. Die jong Rus het er­ken hy het hom met sy rem­ming in die twee­de draai mis­gis. Sy wie­le het vas­ge­slaan, maar dit is nor­maal wan­neer ban­de en rem­me nog nie hul o­pe­ra­si­o­ne­le tem­pe­ra­tuur be­reik het nie en be­hoort nie straf­baar te wees nie.

In die vol­gen­de draai is hy vas­ge­pen deur Mer­ce­des se Le­wis Ha­mil­ton links van hom en Toro Ros­so se Max Ver­stap­pen regs, ter­wyl hy kort op die stert van Vet­tel ge­lê het. Vet­tel het sy voet ge­lig en af­ge­rat om­dat die For­ce In­dia van Ser­gio Pe­rez voor hom be­gin swenk het en teen 260 km/h het K­vy­at nie ’n kans ge­had om be­tyds te re­a­geer nie. Die ge­volg was on­ver­my­de­lik.

Die twee­de slag­of­fer van die op­sie­ners se oor­y­wer was Haas se Este­ban Gu­tiér­rez, wat ook in die twee­de draai in ’n bot­sing be­trok­ke was. Hy het in die For­ce In­dia-ja­er Ni­co H­ü­l­ken­berg vas­ge­ry en die ge­volg was ook die ein­de van die Duit­ser se wed­ren.

Maar weer eens moet die oor­we­gings geld dat dit kort ná die weg­spring was en dat ja­ers wat bui­te die top-10 weg­spring, hul­self in ’n ho­ë­spoed­bon­del sal be­vind waar kon­tak by­na on­ver­my­de­lik is. Gu­tiér­rez is met ’n deur­ry­straf ge­pe­na­li­seer.

La­ter in die ren is Toro Ros­so se Car­los Sai­nz met 10 se­kon­des ge­pe­na­li­seer om­dat hy Re­nault se Jo­lyon Palmer in draai twee wyd ge­dwing het (’n nor­ma­le tak­tiek ty­dens ’n ver­by­steek­po­ging; Palmer kon sy voet ge­lig het). Kort daar­na is Sau­ber se Fe­li­pe Nasr met vyf se­kon­des ge­pe­na­li­seer om­dat hy nie ver ge­noeg links ge­hou het toe hy in die twee­de draai wyd ge­loop het nie. Vir die­self­de oor­tre­ding het Ha­mil­ton die vo­ri­ge dag net ’n te­reg­wy­sing ont­vang.

Of dié vier ja­ers hul straf ver­dien het, is de­bat­teer­baar, maar dít is juis die punt: Straw­we word aan die dis­kre­sie van die op­sie­ners oor­ge­laat. Myns in­siens is al vier te swaar ge­straf vir die kon­teks waar­in hul oor­tre­ding plaas­ge­vind het en dit het hul wed­ren, nie net vir hul­self nie, maar ook vir hul on­der­steu­ners, be­derf.

Ek het geen pro­bleem daar­mee as ’n ja­er vir ’n bla­tan­te, doel­be­wus­te oor­tre­ding ge­pe­na­li­seer word nie, maar in 50-50-ge­val­le be­hoort die twy­fel in die guns van die ja­er te wees. Ver­al in die eer­ste rond­te.

Op die ou end is dit tog al wat ons graag wil sien: Laat die man­ne toe om te jaag!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.