Ma­gers­fon­tein, o Ma­gers­fon­tein, jul­le is die bes­te

Beeld - - Middelblad - – S­port­re­dak­sie

Bloem­fon­tein. – Die Ma­gers­fon­tein Me­mo­ri­al­land­goed in die Noor­dKaap het vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar die rekord ver­be­ter vir die gholf­klub wat die mees­te geld in San­lam se Kan­ker­uit­daag­reeks in­sa­mel.

Die klub het van­jaar R350 000 met sy gholf­dag in­ge­sa­mel. Dit het deel ge­vorm van die na­si­o­na­le kwa­li­fi­se­rings­ron­de vir dié reeks.

Geld is ook in­ge­sa­mel is vir die Kan­ker­ver­e­ni­ging van Suid­Afrika (Kan­sa).

Die Ma­gers­fon­tein Me­mo­ri­al het ver­le­de jaar ook die bes­te in die land ge­vaar toe hy R141 140 in­ge­sa­mel het. Al­te­sa­me 120 spe­lers was van­jaar op die gholf­dag in ak­sie en by­dra­es van sake­on­der­ne­mings het Ma­gers­fon­tein Me­mo­ri­al ook ge­help om sy eie rekord te ver­be­ter. Ver­le­de jaar het klubs R3,5 mil­joen aan Kan­sa ge­skenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.