Ra­nie­ri wil nie sy Lei­ces­ter­ster­re ver­koop

Beeld - - Middelblad - – Reu­ters

Lon­den. – Klubs wat be­lang­stel in e­ni­ge van Lei­ces­ter Ci­ty se spe­lers moet be­reid wees om die sak be­hoor­lik te skud.

Dít was gis­ter die bood­skap van Clau­dio Ra­nie­ri, Lei­ces­ter se af­rig­ter, twee dae na­dat sy span ’n spro­kies­ver­haal af­ge­sluit het met die ver­o­we­ring van die En­gel­se P­re­mier­liga.

“As een van my spe­lers sê hy wil weg­gaan, sal ek hom tot an­der in­sig­te pro­beer bring,” het Ra­nie­ri ge­sê.

“Ek sal sê dat dié ’n fan­tas­tie­se klub is, dat ons die ti­tel ge­wen het en dat ons nog baie goeie din­ge kan doen. Hier is jy die ko­ning.”

Ra­nie­ri het toe­ge­gee dat aan­bie­din­ge vir Lei­ces­ter­ster­re soos Riy­ad Mahrez, N’Go­lo Kan­te en Ja­mie Var­dy te wag­te kan wees.

Maar hy meen baie groot be­drae sal aan­ge­bied moet word voor hy dit sal oor­weeg om hul­le te laat gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.