Moord­tog op hoe­wes:

Slag­of­fers, fa­mi­lie van aan­ge­sig tot aan­ge­sig met be­skul­dig­des

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Twee mans wat glo ’n skrik­be­wind op hoe­wes ge­voer en bin­ne maan­de vyf men­se ver­moor en nog vyf pro­beer dood­maak het, word ge­du­ren­de hul ver­hoor streng be­waak.

’n Groep le­de van die E­mer­gen­cy Se­cu­ri­ty Te­am (EST), be­kend as die Nin­jas, pas die twee in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria op.

K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi van I­ka­neng en John Mo­ses Khoza Ti­va­ne van Mo­sam­biek het gis­ter skuld ont­ken op 26 aan­klag­te.

Hul­le staan te­reg op vyf aan­klag­te van moord, vyf van po­ging tot moord, se­we van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, vier van huis­braak, twee van die on­wet­ti­ge be­sit van vuur­wa­pens en drie van die be­sit van on­wet­ti­ge am­mu­ni­sie.

Vier van die ver­moor­des is van B­rits: Le­an­der Derck­sen van Sout­pans­drift, Da­nie Derck­sen van Ge­luk, Lou­is van Wyk van Ka­ree­poort en Jos­hua Jo­han­nes Ja­co­bus Jou­bert van Ma­mo­ga­lie­s­kraal.

Die vyf­de, Mat­ho­si Sit­ho­le, was ’n ver­meen­de me­de­plig­ti­ge van die be­skul­dig­des.

Hoe­wel een van die ver­meen­de slag­of­fers, Lou­is van Wyk, Sit­ho­le uit self­ver­de­di­ging dood­ge­skiet het, hou die staat die be­skul­dig­des vir sy dood ver­ant­woor­de­lik.

Die aan­val­le is van 29 Maart tot 26 Ju­nie 2014 uit­ge­voer.

Chris­ti­aan En­gel­brecht het gis­ter ge­tuig Le­an­der (22), sy bes­te vriend na wie hy sy seun ge­noem het, se lyk is op 30 Maart in lan­de­rye by Ge­luk ge­kry. Dít was na­dat Le­an­der se pa, Ger­rit, die vo­ri­ge aand o­ral na hom ge­soek het.

Le­an­der se bak­kie, sel­foon en beur­sie was weg, maar heel­wat goed het op die to­neel rond­ge­lê.

En­gel­brecht het ge­tuig ’n eg­paar Min­naar (Ba­rend en Do­rie) het op die to­neel aan­ge­kom en aan die po­li­sie ge­sê daar is by hul­le in­ge­breek.

Die po­li­sie het vas­ge­stel die goed wat by Le­an­der ge­lê het, be­hoort aan die Min­naars.

Die staat sê in die op­som­ming van sy saak Le­an­der is be­roof en in die kop en nek ge­skiet.

Die be­skul­dig­des het die Min­naars, van Sout­pans­drift, se huis glo die aand van 29 Maart 2014 be­steel. Hul­le was nie tuis nie.

Da­nie Derck­sen (45) het saam met sy broer, Ben­nie, en an­der fa­mi­lie­le­de vleis ge­braai toe hul­le die aand van 26 A­pril 2014 aan­ge­val is.

Die staat sê die skoot wat Da­nie se dood ver­oor­saak het, het hom in die bors ge­tref. Ben­nie is ge­wond.

Verskeie i­tems, soos ’n bak- kie en vier­trek­mo­tor­fiets, is ge­roof.

Die be­skul­dig­des was na be­we­ring ook be­trok­ke by die vol­gen­de mis­da­de:

) Op 17 Mei 2014 is C­har­les Fran­cis Kui­sis in sy tuin in Ge­luk ge­skiet, aan­ge­rand en be­roof;

) Op 22 Mei 2014 is John Du­mi­sa­ni S­ha­ban­gu in sy huis in Ka­ree­poort ge­skiet en daar is pro­beer om hom te be­roof;

) Op 23 Mei 2014 is daar by Mi­cha­el Ja­se se huis in Ka­ree­poort in­ge­breek en hy en Di­a­na Mo­di­mo­la is be­roof;

) Die aand van 24 Mei 2014 is Lou­is en He­ster van Wyk be­roof. Lou­is is in die buik en kop ge­skiet en is op 7 Ju­lie 2014 in die hos­pi­taal dood. Hy het Sit­ho­le dood­ge­skiet. Die staat sê die op­tre­de van Van Wyk se moor­de­naars het tot Sit­ho­le se dood ge­lei;

) Toe die aan­val­lers van dié to­neel vlug, het hul­le Hen­drik Bru­wer van Ka­ree­poort te­ë­ge­kom en op hom ge­skiet;

) Jos­hua Jo­han­nes Ja­co­bus Jou­bert is op 16 Ju­nie 2014 in sy huis in die bors en buik ge­skiet en is dood;

) Die aan­val­lers het Jo­si­as Jo­han­nes Ja­co­bus van der S­chyff glo toe ook pro­beer ver­moor; en

) Chris­ten Fou­rie en Ar­mand van Zyl van Mooi­nooi is die­self­de dag be­roof.

Die ver­rig­tin­ge duur voort.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi (naas­links) en John Mo­ses Khoza Ti­va­ne gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria met be­amp­tes van die E­mer­gen­cy Se­cu­ri­ty Te­am weers­kan­te van hul­le. Hul­le word streng be­waak ge­du­ren­de hul ver­hoor weens ’n aan­tal hoe­we­aan­val­le.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

Van die staats­ge­tui­es, slag­of­fers en fa­mi­lie­le­de van slag­of­fers in ’n reeks hoe­we­aan­val­le in die B­rits­om­ge­wing in 2014 gis­ter by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria. Van links is C­har­les Fran­cis Kui­sis, An­dré Jou­bert, Chris­ti­aan En­gel­brecht, Do­rie en Ba­rend Min­naar en Le­na Nel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.