Ver­dag­te ‘hoor ver­moor­de se s­tem’

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Die ver­moor­de oud­po­li­sie­man Da­nie D­rey­er het met Ru­van Re­gi­o­nald Furst ge­praat. Hy het sy s­tem in sy kop ge­hoor.

Die s­tem het ge­sê het hy moet hom­self oor­gee.

“Dis hoe­kom Furst po­li­sie toe ge­gaan het,” het konst. Mok­we­na Mo­ja­pe­lo, on­der­soek­be­amp­te, gis­ter in die borg­to­gaan­soek van Furst en nog drie men­se in die P­re­to­ri­a­se land­dros­hof ge­tuig.

D­rey­er (64) is op 28 Maart in sy huis in Vil­lie­ria, P­re­to­ria, ver­moor.

Op 4 A­pril is Estel­le Red­dy (35) na die po­li­sie. Sy het glo ge­sê sy, Ger­har­dus Pa­pen­fus (42), Ke­vin John­son (29) en Furst (42) was by die moord be­trok­ke.

Sy het gaan wys waar D­rey­er se lyk in ’n man­gat na­by Pa­pen­fus se huis in Ca­pi­tal Park ver- steek is. Dit was toe­ge­draai in plas­tiek­sak­ke en che­mi­ka­lieë is daar­oor ge­gooi.

Red­dy en Pa­pen­fus is daar­die aand ge­ar­res­teer en John­son twee dae la­ter. Op 12 A­pril is Furst po­li­sie toe.

Vol­gens Mo­ja­pe­lo se in­lig­ting het Red­dy ’n paar jaar ’n ver­hou­ding met D­rey­er ge­had en by hom ge­woon. Die ver­hou­ding het skip­breuk ge­ly en sy is met ie­mand an­ders ge­troud. Hul­le het ’n kind van 22 maan­de oud.

’n Paar we­ke voor die moord het sy ’n ver­hou­ding met Pa­pen­fus aan­ge­knoop.

“Daar is vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal wat wys sy is die een wat die che­mi­ka­lieë gaan koop het.”

Mo­ja­pe­lo staan borg­tog vir Red­dy teen om­dat hy nie dink sy is be­trou­baar nie.

“Sy vra borg­tog om­dat sy ’n kind­jie het na wie sy moet om­sien. Waar was die kind toe sy en Pa­pen­fus na Eer­ste­rust is om Furst te kry?”

Oor Pa­pen­fus het Mo­ja­pe­lo ge­sê hy vrees vir ge­tui­es se vei­lig­heid as hy op borg­tog vry­ge­laat word. “Voor die ar­res­ta­sies het nie­mand na vo­re ge­kom nie. Daar­na het ’n ma en dog­ter wat oog­ge­tui­es van die moord was na ons ge­kom om­dat hul­le eers ná Pa­pen­fus se ar­res­ta­sie vei­lig ge­voel het.

“Hul­le het ge­sê die be­skul­dig­de het ge­dreig om hul­le ook te ver­moor as hul­le sou praat.

“Die be­skul­dig­de (Pa­pen­fus) is ‘rof’. Selfs die an­der drie be­skul­dig­des vrees hom.”

Die aan­soek duur voort.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Red­dy, Pa­pen­fus, John­son en Furst in die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.