E­tol­skuld: S­per­da­tum met tien dae ver­leng

Beeld - - Front Page - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Die s­per­da­tum vir die 60%-af­slag op ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld is met nog tien werk­dae ver­leng.

Di­puo Pe­ters, mi­nis­ter van ver­voer, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê pad­ge­brui­kers kan die 60%-af­slag nog van 6 tot 17 Mei ge­bruik om hul e-tol­skuld te ver­ef­fen.

Lui­dens die ver­kla­ring was daar voor die 2 Mei-s­per­da­tum op die nip­per­tjie ’n storm­loop om die af­slag te ge­bruik en dit het ver­oor­saak dat baie pad­ge­brui­kers se na­vrae nie bin­ne die ge­ge­we tyd be­ant­woord is nie. Daar is 37 000 aan­ge­te­ken­de na­vrae waar­op die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) weens die lang­na­week nie kon re­a­geer nie.

Die s­per­da­tum het ge­val op ’n lang­na­week waar­ty­dens nor­ma­le sa­ke­be­dry­wig­he­de be­perk is en nie al­le na­vrae han­teer kon word nie. Pe­ters het dus be­sluit om die s­per­da­tum te ver­leng, lui die ver­kla­ring.

Gau­teng­se mo­to­ris­te kan 60%-af­slag op hul ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld kry. Dit is van toe­pas­sing op on­be­taal­de e-tol­geld van 3 De­sem­ber 2013 tot en met 31 Au­gus­tus 2015.

Pe­ters moe­dig al­mal aan wat nie die 60%-af­slag ge­bruik het nie om dit in die vol­gen­de paar dae te doen. Pad­ge­brui­kers kan hul voor­ne­me om te be­taal per e-pos by in­fo@less60.co.za aan­meld, “call back” na 43360 SMS of www.less60.co.za be­soek en dit daar te meld.

Mo­to­ris­te is ge­waar­sku dat sou hul­le nie van die ver­gun­ning ge­bruik maak om hul skuld af te be­taal of re­ë­lings met San­ral tref nie, hul­le die af­slag sal ver­beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.