7de laan ge­straf oor ge­weld

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Wraak­gie­ri­ge Wil­lem wat die on­hei­li­ge Gi­ta wurg, is veels te erg vir kin­der­oë en om die SAUK ’n les te leer moet hy voor ein­de van­dees­maand ’n boe­te van R15 000 be­taal.

Die wurg­to­neel in 7de Laan is op 24 Maart uit­ge­saai.

’n Ky­ker het ’n klag by die Uit­saai­klag­te­kom­mis­sie (Ukk­sa) in­ge­dien oor die to­neel, waar­in Wil­lem (Mar­kus Ha­y­wood) die se­pie-feeks Gi­ta (Jo da Sil­va) wurg om­dat sy ver­moe­de­lik sy pa en broer se dood ver­oor­saak het.

“Die to­neel is trau­ma­ties en on­van­pas vir die tyd­gleuf, aan­ge­sien kin­ders nog daar­die tyd van die dag wak­ker is,” is die ky­ker se be­swaar.

Die SAUK voer aan dat die to­neel die kli­maks van ’n span­nen­de en dra­ma­tie­se sto­rie­lyn is en dat ’n ou­der­doms­perk en ’n hoor­ba­re waar­sku­wing oor ge­weld in die e­pi­so­de voor die to­neel uit­ge­saai is.

’n An­der ka­rak­ter het tus­sen­bei­de ge­tree en Gi­ta is la­ter aan die po­li­sie oor­han­dig. Die SAUK sê hy wou só die bood­skap oor­dra dat men­se nie eie reg moet ge­bruik nie.

S­ha­mi­la Singh, Ukk­sa-kom­mis­sa­ris, het die o­pen­ba­re uit­saai­er op die vin­gers ge­tik om- dat daar nie ’n sig­ba­re ou­der­doms­perk van “13V” (vir ge­weld) op die skerm was ter­wyl die to­neel uit­ge­saai is nie. “Dit is wel sig­baar in die to­ne­le wat nie ge­weld­da­dig is nie wat ná ad­ver­ten­sies uit­ge­saai is.”

Singh het ge­sê Ukk­sa het die uit­saai­er al voor­heen ge­maan dat ge­weld­da­di­ge to­ne­le ska­de­lik vir kin­ders kan wees en dat hul­le ver­sig­tig moet wees met sto­rie­ly­ne.

“Vol­gens my het die uit­saai­er die ko­de oor­tree.”

Die SAUK het lui­dens die do­ku­men­te on­der­neem om ’n “in­ten­sie­we werk­ses­sie” aan te bied en deur al­le teks­te te gaan om se­ker te maak dat daar nie nog erg ge­weld­da­di­ge to­ne­le in die se­pie is nie.

Singh het be­slis dat die SAUK ’n R15 000-boe­te moet be­taal om­dat Ukk­sa se vroe­ë­re waar­sku­wings nie doel­tref­fend was nie.

’n S­kerm­greep van die to­neel in 7de Laan waar­in Gi­ta deur Wil­lem ge­wurg is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.