EFF: Moei­lik­heid op pad by Tuks oor taal

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Groot moei­lik­heid wag op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (Tuks) oor A­fri­kaans, al lyk dit op die oom­blik van bui­te af rus­tig, het die EFF gis­ter ge­dreig.

Am­la Mo­nageng, lei­er van die EFF op dié kam­pus, het ge­sê hul­le kan nie nou al sê wat kom nie, maar daar gaan wel iets wees.

“Ons het die u­ni­ver­si­teits­be-stuur ver­le­de week ge­vra om met hul­le te ver­ga­der, maar hul­le steur hul­le nie aan ons nie. Ons wil hê A­fri­kaans as on­der­rig­taal aan die u­ni­ver­si­teit moet val. Dit is so een­vou­dig soos dit, maar dit ge­beur nie,” het Mo­nageng ge­sê.

#A­fri­kaan­sMus­tFall-plak­ka­te was van Dins­dag af aan mu­re op die kam­pus ge­plak.

Tu­me­lo Ra­se­bopye, woord­voer­der van die #Fees­Mus­tFal­l­be­we­ging op Tuks, het ge­sê die stu­den­te is ge­frus­treerd oor die baie pra­te­ry en min ak­sie.

“#A­fri­kaan­sMus­tFall is niks nuuts nie. Dit gaan al maan­de lank aan, maar dit lyk of geen aan­dag daar­aan ge­gee word nie. Daar is ge­rug­te van “moei­lik­heid” wat kom. Ons weet ook nie wat gaan ge­beur nie. Ons wag maar,” het Ra­se­bopye ge­sê.

Vol­gens An­na-Re­tha Bou­wer, woord­voer­der van Tuks, het die u­ni­ver­si­teit die plak­ka­te nie goed­ge­keur nie en dit is dus ver­wy­der.

EFF-stu­den­te­lei­ers het lui­dens ’n ver­kla­ring deur A­friForum Jeug Dins­dag­aand ’n ak­sie op die kam­pus ont­wrig en vei­lig­heids­wag­te moes in­gryp. “Hier­die ak­sie is ge­re­ël om stu­den­te be­wus te maak van die A­friForum-beurs­kom­pe­ti­sie wat ver­le­de week be­kend ge­stel is. Vier stu­den­te wat in A­fri­kaans stu­deer, kan elk ’n R20 000-beurs wen,” lui die ver­kla­ring.

“Die EFF-stu­den­te­lei­ers is deur vei­lig­heids­wag­te ver­wy­der om­dat hul­le on­der meer ag­gres­sief was en ras­sis­tie­se uit­la­tings en on­ge­gron­de aan­ty­gings ge­maak het. Hul­le het ook on­wet-

Ons wil hê A­fri­kaans as on­der­rig­taal aan die u­ni­ver­si­teit moet val. Dit is so een­vou­dig soos dit, maar dit ge­beur nie.

ti­ge pam­flet­te van die #A­fri­kaan­sMus­tFall-veld­tog op die kam­pus ver­sprei.”

Mo­nageng sê hul­le gaan nog met hul le­de praat oor ’n pad vo­ren­toe. Die plak­ka­te was nie die EFF s’n nie, maar Tuks-stu­den­te s’n.

“Die u­ni­ver­si­teit het ons be­lo­we iets sal ge­doen word aan die taal­be­leid hier, maar voor­ne­men­de stu­den­te wat be­sig is met hul aan­soe­ke vir vol­gen­de jaar het nog die op­sie om in A­fri­kaans te stu­deer. As hul­le erns­tig was daar­oor om A­fri­kaans as on­der­rig­taal te ver­wy­der, sou dit ge­beur het,” het Mo­nageng ge­sê.

Bou­wer het ge­sê die u­ni­ver­si­teit gaan nie in dié sta­di­um kom­men­taar le­wer nie.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Am­la Mo­nageng

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.