Pos­kan­toor se wer­kers staak weer

Beeld - - Nuus - – Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Dui­sen­de wer­kers van die SuidA­fri­kaan­se Pos­kan­toor (Sa­po) land­wyd het gis­ter be­gin staak oor sa­la­ris­se en on­op­ge­los­te ar­beid­sa­ke.

Hul­le eis ’n ver­ho­ging van 15% en dat ty­de­li­ke wer­kers vas aan­ge­stel word, sê Ve­laphi Zu­lu, Gau­teng­se voor­sit­ter van die kom­mu­ni­ka­sie­wer­kers­vak­bond (CWU).

Wer­kers het glo die af­ge­lo­pe twee jaar glad nie ’n sa­la­ris­ver­ho­ging ge­kry nie.

Zu­lu sê die e­nig­ste ma­nier om hul s­tem te laat hoor, is deur te staak. “Ons wil hê die re­ge­ring moet in­gryp en help om die pro­ses­se te be­spoe­dig.”

Van­dag sal die sta­kers ’n op­tog in die Jo­han­nes­burg­se mid­de­stad hou. Gis­ter het wer­kers by on­der meer die Wits­pos-sor­teer­sen­trum in Or­mon­de plak­kaat­be­to­gings ge­hou, sê Zu­lu.

Mark Bar­nes, uit­voe­ren­de hoof van Sa­po, sê hul­le is in­ge­lig oor die weg­bly­ak­sie, maar plan­ne is ge­reed om te keer dat diens­te ge­raak word.

Die Pos­kan­toor het be­gin her­stel wat be­tref diens­le­we­ring en is be­sig om fi­nan­si­ë­le ver­be­te­rin­ge aan te bring. Die sta­king kan die pro­ses in die wie­le ry, sê hy.

Wer­kers wat bui­te die Wits­pos­sor­teer­sen­trum in Or­mon­de be­toog het, sê hul­le wil net hul werk be­skerm.

“Ons hou nie daar­van om te staak nie, maar die om­stan­dig­he­de dwing ons om dit te doen.

“Ons het nie an­der werk nie en dis ons ver­ant­woor­de­lik­heid om vir hier­die een te ba­klei.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.