Ma moet hoes ná her­rie oor kind se pa

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vrou wat swan­ger ge­raak het na­dat sy in min of meer die­self­de tyd­perk seks met twee mans ge­had het, moet nou die regs­kos­te be­taal van die man wat dalk die pa van haar kind is.

Haar dog­ter is in Ju­nie 2008 ge­bo­re.

Die in­tri­ge het eers in die streek­hof in P­re­to­ria ge­draai in ’n ge­ding oor be­weer­de va­der­skaps­be­drog voor­dat dit na die hoog­ge­regs­hof in die stad is.

Die par­tye se na­me word weer­hou om­dat ’n min­der­ja­ri­ge kind be­trok­ke is.

Lui­dens die hoog­ge­regs­hof se uit­spraak van­dees­week was die vrou en haar vriend ver­vreem van me­kaar toe sy ’n “kort ver­hou­ding” ge­had het met die ver­meen­de pa, wat nou sy regs­kos­te wil te­rug­hê.

Die vrou het in No­vem­ber 2007 vas­ge­stel sy is swan­ger. Die dok­ter het die waar­skyn­li­ke be­vrug­tings­da­tum op 23 Sep­tem­ber 2007 ge­raam.

Sy het haar eks lui­dens die uit­spraak niks van haar kort­ston­di­ge ver­hou­ding ge­sê nie en die ei­ser ook nie ge­sê hy is moont­lik die pa nie.

’n Ge­ding het ont­staan oor on­der­houd vir die kind. ’n Oor­een­koms tus­sen die vrou en haar eks wat ’n hof­be­vel ge­maak is, het be­paal hy moet R4 000 on­der­houd per maand be­taal en dat hy uit­ge­brei­de kon­tak­reg­te kry.

In Fe­bru­a­rie 2012 het die eks ’n va­der­skaps­toets laat doen. Dit het ge­toon hy is nie die pa nie.

Die vrou het die ei­ser toe laat weet dat hy die pa van haar kind moet wees. Hy het ge­wei­er om ’n va­der­skaps­toets te laat doen of om on­der­houd te be­taal.

Die eks het die vrou in No­vem­ber 2012 in die streek­hof ge­dag­vaar weens va­der­skaps­be­drog. Hy wou R142 400 van haar hê as te­rug­be­ta­ling van die on­der­houd, as­ook ska­de­ver­goe­ding van R150 000. Die vrou het toe self ’n eis in­ge­stel teen die ei­ser, ook vir die be­ta­ling van on­der­houd van R142 400.

Die eks is Ju­nie ver­le­de jaar dood. Die ek­se­ku­teur van sy boe­del het die streek­ho­fei­se teen die vrou laat vaar.

’n Maand la­ter het die vrou haar eis teen die ei­ser te­rug­ge­trek, maar nie sy regs­kos­te (as ver­weer­der in die saak) be­taal nie. Om­dat hy sy regs­kos­te be­taal wil hê, het hy hom tot die hoog­ge­regs­hof ge­wend.

Die hoog­ge­regs­hof het haar nou be­veel om te be­taal, ook die ei­ser se regs­kos­te vir sy hoog­ge­regs­hof­aan­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.