S­teyn is ver­baas ná op­slae oor gif­te­o­rie

Beeld - - Nuus - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Ro­ry S­teyn, Nel­son Man­de­la se des­tyd­se lyf­wag, kan nie glo sy gif­te­o­rie maak 16 jaar la­ter so­veel op­slae nie.

Dit is na­dat hy pas in Ni­euSee­land ge­sê het hy glo die All Blacks is voor 1995 se Wê­reld­be­ker-eind­stryd gif in­ge­gee.

Hy meen in­ter­na­si­o­na­le dob­belsin­di­ka­te, moont­lik van A­sië, het die All Blacks se wa­ter die Don­der­dag voor die eind­stryd ver­gif­tig.

S­teyn was toe aan die stuur van die All Blacks se vei­lig­heid en het al dié be­we­rings 16 jaar ge­le­de in sy bi­o­gra­fie ge­maak.

Hy is in Nieu-See­land om te praat oor sy tyd saam met Man­de­la en het dit weer aan The New Ze­a­land He­rald ge­sê.

“Ek was ver­stom oor die re­ak­sie. Ek het dit dan al 16 jaar ge­le­de ge­sê,” het hy gis­ter uit Nieu-See­land ge­sê.

“Die week voor die eind­stryd het die spe­lers e­nig­iets ge­doen om die tyd om te kry.

“Ons was by die fliek toe een van hul­le sê ons moet te­rug ho­tel toe, want hy voel siek. Net toe ons uit­stap, kom Jeff Wil­son (toe All Black-vleu­el) uit ’n an­der te­a­ter ge­hard­loop. Ons het te­rug­ge­jaag, maar vir van die spe­lers was ons nie be­tyds nie,” het S­teyn ge­skerts.

“Toe daar by die ho­tel nóg spe­lers by die span­dok­ter lê met maag­pro­ble­me, het ek be­sef hul­le moet ver­gif­tig ge­wees het.”

Sy er­va­ring as ’n po­li­sie­man het hom laat ver­moed iets is fout. “Ek het nie be­wy­se nie, maar weet wat ek ge­sien het.”

Hy is vas oor­tuig dat die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie geen hand in die “ver­gif­ti­ging” ge­had het nie en pak die skuld op in­ter­na­si­o­na­le dob­belsin­di­ka­te.

Ná die voor­val het die sto­rie be­gin loop dat in­ter­na­si­o­na­le dob­belsin­di­ka­te, ver­naam uit Sin­ga­poer, vir die “ver­gif­ti­ging” ver­ant­woor­de­lik was.

“Dit was daar­die tyd ’n te­o­rie en dis van­dag nog een,” het S­teyn ge­sê.

“Ek kon la­ter ja­re met van die 1995-All Blacks ge­sels en hul­le het al­mal soos een man ge­sê die oor­win­ning is die bes­te ding wat met Suid-Afrika kon ge­beur.

“Dis ’n on­ge­loof­li­ke ge­baar, want ons ver­staan nie al­tyd hoe baie waar­de die Nieu-See­lan­ders aan ’n oor­win­ning oor die S­pring­bok­ke heg nie.”

Ro­ry S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.