Ju­ju ‘mis­bruik staats­hulp­bron­ne’

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

Ju­li­us Ma­le­ma het staats­hulp­bron­ne mis­bruik toe hy des­tyds as lei­er van die ANC-jeug­li­ga kos­pak­kies op ’n po­li­tie­ke ge­leent­heid uit­ge­deel het.

Die kos­pak­kies het ge­kom van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa), wat hom nie ge­mag­tig het om dit uit te deel nie.

Ma­le­ma het só die wan­in­druk ge­wek dat die jeug­li­ga die pak­kies skenk. Sy op­tre­de was stry­dig met die Grond­wet se be­pa­lings en kom ook neer op wan­ad­mi­nis­tra­sie, sê die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) in die ver­slag “Sta­te and par­ty, blur­red li­nes”.

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la het dié ver­slag, as­ook “Sta­te and par­ty co­lours”, wat han­del oor O­pe­ra­sie Hla­se­la in die Vry­staat, gis­ter by haar kan­toor in P­re­to­ria uit­ge­reik. Pa­tri­cia Ko­pa­ne, die DA se voor­ma­li­ge woord­voer­der oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het des­tyds oor die kos­pak­kie­kwes­sie ge­kla.

Die OB het ook be­vind die be­trok­ken­heid van Ed­na Mo­le­wa, des­tyds mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, en Sas­sa was on­van­pas.

Mo­le­wa het die kos­pak­kies aan­ge­vra vir ’n po­li­tie­ke ge­leent­heid (wat die jeug­li­ga ge­re­ël het). Dit was on­be­hoor­lik. Die OB het ook on­der­soek in­ge­stel na of die li­ga ’n R100 000Sas­sa-sub­si­die on­reg­ma­tig be­lo­we het aan Ros­sie Clas­sen, ’n ANC-lid wat ’n sop­kom­buis in P­hi­lip­pi, Kaap­stad, be­stuur het.

In haar ver­slag “Sta­te and par­ty co­lours” het die OB be­vind Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se pre­mier, het die staat en par­ty se be­lan­ge laat oor­vleu­el. Haar kan­toor het nie on­weer­leg­ba­re be­wy­se ge­vind dat staats­hulp­bron­ne mis­bruik is nie.

In 2010 het die DA, Co­pe en die VF+ Ma­don­se­la ge­vra om O­pe­ra­sie Hla­se­la in die Vry­staat weens be­we­rings van kor­rup­sie en die mis­bruik van staats­geld te on­der­soek. Toe die klag­te in­ge­dien is, was daar twee o­pe­ra­sies ge­naamd Hla­se­la. Een is deur die staat ge­fi­nan­sier vir diens­le­we­ring in die Vry­staat.

Die twee­de, pri­va­te Hla­se­la het die plaas­li­ke re­ge­ring se be­hui­sings­pro­jek­te ge­steun. Sy naam is in­tus­sen in F­riends of the F­ree Sta­te ver­an­der.

Die OB sê daar kon nie tus­sen die twee o­pe­ra­sies on­der­skei word nie en men­se was ver­ward oor of dit pri­va­te of staats­fi­nan­sie­ring ge­kry het. Die pri­va­te Hla­se­la het die ANC se ver­kie­sings­veld­tog o­pen­lik on­der­steun. An­der po­li­tie­ke par­tye en kan­di­da­te is be­na­deel.

In al­bei ver­slae het die OB reg­stel­len­de stap­pe voor­ge­stel: dat be­leid ont­wik­kel word wat die skei­ding tus­sen die staat en po­li­tie­ke par­tye dui­de­lik stel en dat ver­se­ker word dat geen staats­ge­leent­heid mis­bruik word vir po­li­tie­ke par­tye se be­mar­king nie.

Fo­to: ALET PRETORIUS

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la, o­pen­ba­re be­sker­mer, reik gis­ter twee on­der­soek­ver­slae in P­re­to­ria uit.

Ju­li­us Ma­le­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.