P­hiy­e­ga ‘be­kook’ Ma­ri­ka­na­me­di­a­ver­kla­ring glo

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, ge­skors­te po­li­sie­hoof, het glo ’n me­di­a­ver­kla­ring wat kort ná die Ma­ri­ka­na-slag­ting uit­ge­reik is, “be­kook”.

P­hiy­e­ga het hom op­drag ge­gee om ver­an­de­rin­ge aan te bring aan die me­di­a­ver­kla­ring wat hy op 17 Au­gus­tus 2012 moes skryf, het Lin­de­la Mashi­go, ’n voor­ma­li­ge bri­ga­dier en lid van die po­li­sie se kom­mu­ni­ka­sie­span ten ty­de van die Ma­ri­ka­na-slag­ting, gis­ter voor die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek ge­tuig.

Dit was ’n dag ná die slag­ting waar­in die po­li­sie 34 sta­ken­de myn­wer­kers dood­ge­skiet het.

Die kom­mis­sie van on­der­soek na haar be­voegd­heid as po­li­sie­hoof het van­dees­week be­gin.

Vol­gens Mashi­go het hy die ver­kla­ring by die Lon­min-myn, na­by die Ma­ri­ka­na-kop­pie, voor­be­rei. Dit was kort voor­dat die po­li­sie ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie daar ge­hou het. P­hiy­e­ga en an­der hoog­ge­plaas­te po­li­sie­le­de het die ver­kla­ring deur­ge­lees en hom ge­vra om nie on­der­skeid te tref tus­sen die twee to­ne­le waar die skie­te­ry plaas­ge­vind het nie.

Mashi­go is glo ook op­drag ge­gee om te skryf dat die po­li­sie hul­le “reeds stel­sel­ma­tig be­gin ont­trek het” toe die sta­kers hul­le be­storm het en daar­om moes hul­le s­ko­te be­gin af­vuur.

Die sin­ne het ge­lui: “Die mi­li­tan­te groep het die po­li­sie be­storm, s­ko­te af­ge­vuur en was ge­wa­pen met ge­vaar­li­ke wa­pens. Die po­li­sie het hul­le stel­sel­ma­tig ont­trek en moes nood- ge­dwon­ge mak­si­mum ge­weld ge­bruik om hul­self te ver­de­dig.”

Vol­gens Mashi­go het P­hiy­e­ga dié sin­ne aan hom ge­dik­teer.

In die eer­ste weer­ga­we van sy ver­kla­ring het ge­staan: “Die po­li­sie het vo­ren­toe be­weeg om die sta­kers in heg­te­nis te neem en moes ge­weld ge­bruik om hul­self te ver­de­dig.”

Fo­to: THEANA BREUGEM

P­hiy­e­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.