Op­po­si­sie slyp tan­de vir vrae

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Op­po­si­sie­par­tye be­plan om pres. Ja­cob Zu­ma weer tot ver­ant­woor­ding te roep wan­neer hy op 17 Mei vrae in die par­le­ment moet be­ant­woord.

Dit gaan hoof­saak­lik oor die hoog­ge­regs­hof­be­vel ver­le­de week dat kor­rup­sie­ver­wan­te klag­te weer teen Zu­ma in­ge­stel be­hoort te word, so­wel as oor die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se be­vin­ding oor N­kand­la.

Den­nis Bloem, woord­voer­der van Co­pe, het gis­ter ge­sê op­po­si­sie­par­tye is ook reeds in ge­sprek om die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof weer te na­der om dui­de­lik­heid oor wat die N­kand­la-uit­spraak vir Zu­ma en die par­le­ment be­te­ken.

In­tus­sen het Ma­bi­ne Se­a­be, woord­voer­der van M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, ge­sê op­po­si­sie­par­tye se boi­kot van Zu­ma se re­pliek gis­ter was net ’n een­ma­li­ge ge­beur­te­nis.

“Dit was om ’n dui­de­li­ke bood­skap aan Zu­ma te stuur dat hy sy eed ver­breek het.”

Die ANC-kou­kus het gis­ter se boi­kot as ’n “lag­wek­ken­de o­pen­ba­re pu­bli­si­teits­foe­fie” be­skryf.

Mo­lo­to Mot­ha­po, ANC-kou­kus­woord­voer­der, het ge­sê dit is i­ro­nies dat op­po­si­sie­par­tye Zu­ma se be­gro­tings­re­de Woens­dag by­ge­woon het en gis­ter ge­boi­kot het.

Vol­gens hom is die boi­kot op vals­he­de ge­grond en on­der­myn dit die op­per­ge­sag van die reg en die Grond­wet.

In­tus­sen het Ralph Mat­hek­ga, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Ma­pun­gub­we-in­s­ti­tuut vir S­tra­te­gie­se Be­sin­ning, ge­sê op­po­si­sie­par­tye se boi­kot het die po­ten­si­aal om ’n grond­wet­li­ke dooie punt te s­kep.

“As hul­le die boi­kot hand­haaf, kan par­le­men­tê­re be­slui­te ’n ge­brek aan le­gi­ti­mi­teit hê. Dit kan ver­er­ger, want as al­le op­po­si­sie-LP’s be­sluit om te be­dank, sal daar be­slis ’n kri­sis wees om­dat kie­sers verskeie par­tye tot die par­le­ment ver­kies het.

“As dit ge­beur, moet die par­le­ment ont­bind en nu­we ver­kie­sings ge­hou word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.