NDBV ver­kla die­re­ha­we in S­til­fon­tein

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die Na­si­o­na­le Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (NDBV) het gis­ter verskeie straf­reg­te­li­ke klag­te teen die be­stuur van ’n S­til­fon­tein­se die­re­ha­we in­ge­dien.

Die Mat­losa­na Animal S­hel­ter het die NDBV se­dert Dins­dag toe­gang tot die per­seel ge­wei­er. Die ha­we was tot in A­pril nog ’n DBV-tak, maar het in­tus­sen be­sluit om af te stig te mid­de van ’n ja­re lan­ge twis tus­sen dié tak en die NDBV.

Die twis het Dins­dag­og­gend kook­punt be­reik toe die NDBV soon­toe is om die tak oor te neem. Su­zet­te Kot­zé, ’n in­spek­teur by die tak, en haar ko­mi­tee is on­langs ge­skors han­gen­de ’n tugon­der­soek teen Kot­zé oor be­weer­de ras­sis­me en wan­prak­ty­ke met die weg­gee van die­re. Kot­zé ont­ken skuld.

Op Fa­ce­book is Dins­dag be­weer die NDBV het ná hul be­amp­tes se aan­koms by die tak tien­tal­le die­re van kant ge­maak. Die NDBV sê eg­ter net ses hon­de en ’n kat is van kant ge­maak, hoof­saak­lik weens siek­te en ou­der­dom.

Kot­zé en haar per­so­neel het ná die NDBV se be­soek Dins- dag slot­te ver­vang, DBV-bor­de ver­wy­der en die hulp van ’n vei­lig­heids­maat­skap­py be­kom om te keer dat die NDBV die per­seel weer be­tree.

“Ons is nie meer deel van hul­le nie, hul­le het niks hier ver­loor nie,” het Kot­zé ge­sê.

Sy het ge­sê hul­le het van die NDBV weg­ge­breek om­dat dié haar glo “teis­ter” weens haar be­weer­de ont­hul­lings dat van hul in­spek­teurs be­trok­ke is by die ver­koop van hon­de vir ja­gen veg­doel­ein­des.

Die NDBV ont­ken dié be­we­rings.

Jaco Pie­ter­se, ’n in­spek­teur by die NDBV, het gis­ter ge­sê die tugon­der­soek teen Kot­zé gaan voort. Die Men­se­reg­te­kom­mis­sie on­der­soek ook ’n be­weer­de ras­sis­tie­se W­hat­sApp-bood­skap van Kot­zé.

Pie­ter­se sê Kot­zé en haar on­der­steu­ners het geen reg om hul­le die per­seel te ver­bied nie om­dat die DBV steeds ’n huur­oor­een­koms vir die per­seel met die Mat­losa­na-mu­ni­si­pa­li­teit het. Beeld het do­ku­men­te ge­sien wat dit staaf.

Die NDBV het daar­om gis­ter klag­te van on­der meer be­drog, in­braak, be­tre­ding en kwaad­wil­li­ge saak­be­ska­di­ging teen Kot­zé, haar man, De­rick, en le­de van die die­re­ha­we se ko­mi­tee in­ge­dien.

Die be­drog­klag is weens die be­weer­de on­reg­ma­ti­ge naams­ver­an­de­ring van die tak.

Kot­zé is nog be­sig om die die­re­ha­we as ’n nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie te re­gis­treer en on­der­han­del met die mu­ni­si­pa­li­teit om die huur­kon­trak in die ha­we se naam oor te dra.

Kot­zé se pro­ku­reur, Wil­lie Bosch, sê hul­le het nog nie die be­plan­de ty­de­li­ke hof­be­vel teen die NDBV ge­kry om hul­le die per­seel te ver­bied nie.

“Ons kon­sul­teer nog.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.