Hoë hof be­slis oor ko­pie­reg

Ver­kla­ring met nuus word nie be­skerm

Beeld - - Nuus - Hanlie Stadler

In­lig­ting wat uit ’n nuus­ver­kla­ring “ge­spoeg-en-plak” is, reg­ver­dig nie ko­pie­reg nie.

Waar­ne­men­de reg­ter Da­niel Ber­ger het gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg be­slis Fin24, ’n fi­nan­si­ë­le­nuus-web­werf in Me­dia24 se stal, het in net een van se­we be­rig­te wat as be­wys­stuk­ke in­ge­dien is Moneyweb se ko­pie­reg ge­skend.

“Oor­spronk­lik­heid” was die heel eer­ste toets waar­aan die be­twis­te be­rig­te ge­meet is.

In die drie be­rig­te waar­voor Moneyweb wel “oor­spronk­lik­heid” be­wys het, was die vol­gen­de toets of Fin24 “be­dui­den­de” de­le daar­van ge­bruik het in sy weer­ga­we.

In een ge­val het Ber­ger be­vind Fin24 het woord vir woord uit die Moneyweb-be­rig oor­ge- skryf, son­der by­ko­men­de oor­spronk­li­ke ver­slag­ge­wing.

In die an­der twee ge­val­le het Ber­ger be­vind Fin24 het nie “be­dui­den­de” de­le van die Moneyweb-be­rig ge­bruik nie en ook sy eie ver­slag­werk by­ge­voeg.

In al die ge­val­le het Moneyweb er­ken­ning in die vorm van ’n web­ska­kel ge­kry. Dit is nie op sig­self ge­noeg om ’n klag van ko­pie­reg­sken­ding af te weer nie en bly ’n ver­eis­te as jy in­lig­ting uit ’n an­der pu­bli­ka­sie ge­bruik.

Ber­ger het be­vind die ver­kla­ring van Ryk van Nie­kerk, Moneyweb-re­dak­teur, dat Fin24 “sis­te­mie­se pla­gi­aat op in­dus­tri­ë­le skaal” ge­pleeg het, is “bui­ten­spo­rig”. Geen be­wys daar­van is ge­le­wer nie.

Ber­ger het ge­sê in­lig­ting wat op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie of in ’n nuus­ver­kla­ring ge­gee word, is be­doel om in die o­pen­ba­re do­mein te wees en word nie deur ko­pie­reg be­skerm nie.

Es­maré Wei­de­man, uit­voe­ren­de hoof van Me­dia24, sê e­ni­ge an­der be­vin­ding “sou tot die on­lo­gie­se ge­volg kon lei waar die eer­ste ver­slag­ge­wer ’n nuus­be­rig mo­no­po­li­seer en ’n an­der ver­slag­ge­wer ver­hin­der om oor die kern­e­le­men­te van die sto­rie te be­rig”.

Dit sou ver­slag­ge­wing en tal­le joer­na­lis­tie­ke pos­te ver­nie­tig het, sê Wei­de­man.

A­dri­aan Bas­son, wat se­dert A­pril re­dak­teur is van News24 (wat Fin24 in­sluit) is, sê se­dert die saak be­gin is, het News24 be­dui­den­de be­leg­gings ge­doen om oor­spronk­li­ke in­houd en joer­na­lis­tiek te ver­se­ker.

“Ons hou deu­ren­tyd ’n oog op die bes­te in­ter­na­si­o­na­le prak­tyk en bil­li­ke me­de­din­ging, wat in­sluit sa­me­stel­ling, ’n in­te­gre­ren­de deel van aan­lyn­pu­bli­ka­sie wê­reld­wyd, en het ver­se­ker dat dit ver­soen word met die wet.”

Van Nie­kerk het aan Beeld ge­sê die uit­spraak is in we­se ’n oor­win­ning vir oor­spronk­li­ke joer­na­lis­tiek. “Die uit­spraak be­wys dat nuus wel deur ko­pie­reg be­skerm word. In­dien die teen­deel be­vind is, sou dit ’n ge­wel­di­ge knou vir nuus­me­dia ge­wees het.”

Ber­ger het Moneyweb be­veel om 70% van Fin24 se regs­kos­te, wat mil­joe­ne ran­de be­loop, te be­taal.

Van Nie­kerk sê hul­le be­sluit nog of hul­le gaan ap­pel­leer.

’n Ver­hoor sal nou ge­hou word om te be­paal hoe­veel ska­de Fin24 se ko­pie­reg­sken­ding Moneyweb be­rok­ken het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.