2 dok­kies kom oor Pis­to­ri­us

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

Die ver­vaar­di­gers van die tref­fer­flieks Lief­ling en P­ret­vil­le het die rol­prent- en do­ku­men­tê­re reg­te op ’n top­ver­ko­per­boek oor Ree­va S­teen­kamp en die O­lim­pie­se at­leet Os­car Pis­to­ri­us op­ge­raap.

Har­ti­wood Films en Dee­pend Films het pas be­gin met die voor­pro­duk­sie van ’n do­ku­men­têr wat op Be­hind the Door ge­grond is.

Die do­ku­men­têr, wat moont­lik drie e­pi­so­des sal hê, sal in sa­me­wer­king met die skry­wers, die joer­na­lis­te Bar­ry Ba­te­man en Man­dy Wie­ner, ge­skiet word, lui ’n ver­kla­ring.

Vol­gens Paul Kruger van Har­ti­wood is die be­trok­ken­heid van die twee joer­na­lis­te, wat vir EWN oor die moord­saak be­rig het, be­lang­rik om in­sig in die tra­ge­die te ver­kry en die ver­haal te help ver­tel.

“Hoe­wel hul boek die fei­te­li­ke grond­slag vir die do­ku­men­têr gaan wees, wil ons die per­soon­lik­he­de wat be­trok­ke is ho­lis­ties on­der­soek om te pro­beer ver­staan wat tot die tra­ge­die ge­lei het,” sê hy. Hul­le sal na al­le par­tye uit­reik om deel te neem.

Pau­le­ne A­brey, die ver­vaar­di­ger, sê die do­ku­men­têr sal eer­der han­del oor die laas­te se­we maan­de van Pis­to­ri­us en S­teen­kamp se le­we eer­der as oor die ver­hoor. Die ver­fil­ming sal la­ter van­jaar be­gin. Nog ’n do­ku­men­tê­re fliek, Os­car Pis­to­ri­us: Kil­ling a D­re­am, wat deur die Lon­den­se pro­duk­sie­maat­skap­py We­stern Ed­ge Pic­tu­res ver­vaar­dig word, sal na ver­wag­ting vroeg vol­gen­de jaar uit­ge­reik word.

Dié fliek fo­kus nie net op 14 Fe­bru­a­rie 2013 se ge­beu­re nie. Dit word ge­plaas in die gro­ter Suid-A­fri­kaan­se kon­teks en hoe dit in­pas in die na­la­ten­skap van on­der meer a­part­heid.

In 2013 is die kort B­rit­se do­ku­me­nêr, Why Did Os­car Pis­to­ri­us Kill Our Daug­h­ter?, bin­ne en­ke­le maan­de ná S­teen­kamp se moord uit­ge­saai. Dit het ge­draai om ’n on­der­houd wat met haar ou­ers ge­voer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.