Hyskraan red pa­pe­gaai uit boom

Beeld - - Nuus - Jackie Kruger

Toothless die pa­pe­gaai van Ge­or­ge was ver­bou­e­reerd na­dat ’n sterk wind hom ge­skep en hy ki­lo­me­ters van sy huis in ’n boom be­land het.

Nie die sa­de of vrug­te wat wel­doe­ners aan­ge­dra het kon hom uit die boom lok nie en uit­ein­de­lik moes hy met ’n hyskraan ge­red word.

Die twee jaar oue Toothless het op 25 A­pril by sy huis in Wil­der­nis­hoog­te ver­mis ge­raak, het sy ei­e­naar, Lan­di En­gel­brecht, gis­ter ge­sê.

Vol­gens haar het die wind daar­die dag be­son­der sterk ge­waai en was dit re­ë­ne­rig.

“Die wind moes hom ge­skep het. Hy is ’n ‘huis-pa­pe­gaai’ en kan nie goed vlieg nie.”

Sy het op Fa­ce­book ge­vra men­se moet op die uit­kyk wees vir Toothless.

Op 28 A­pril het Ag­ne­sia Laufs op die Fa­ce­book-blad Die­re ver­lo­re en ge­vind in Ge­or­ge ge­skryf dat ’n A­fri­can G­rey-pa­pe­gaai in ’n boom by die Ge­or­ge-bi­bli­o­teek sit.

En­gel­brecht het daar­van te ho­re ge­kom en sy en haar ge­sin is die vol­gen­de dag na die bi­bli­o­teek, meer as 15 km van Wil­der­nis­hoog­te.

Dit was Toothless, maar hy was heel­te­mal deur die wind en wou niks weet van uit die boom kom nie. “Men­se wou help en het vrug­te en sa­de aan­ge­dra. Die brand­weer is ont­bied, maar hul leer was te kort om by te kom. Hul­le het wa­ter in die boom ge­spuit, maar toe vlieg hy na ’n an­der boom,” sê En­gel­brecht.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het toe ’n “cher­ry pic­ker”, of­te­wel ’n hyskraan met ’n mand­jie vir e­lek­tri­si­ëns, be­skik­baar ge­stel.

’n Fa­mi­lie­lid is in die mand­jie op­ge­lig en het Toothless uit die boom ge­haal.

En­gel­brecht het al­mal be­dank vir hul hulp.

On­danks sy ont­be­rings was Toothless on­ge­deerd en weer sy ou self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.