Be­to­gings oor loon van R650

‘Dis te min om kos vir my ge­sin te koop’

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen, Han­nes Kruger News24

en

Meer as 700 wer­kers van die Lily-myn na­by Bar­ber­ton het gis­ter­og­gend die toe­gang en pad tot dié myn ver­sper en be­toog oor die sa­la­ris van R650 wat hul­le in A­pril ont­vang het.

Vol­gens Rob De­ver­eux, sa­ke­red­dings­prak­ti­syn van dié myn, het die wer­kers vroeg­og­gend be­gin mo­tor­ban­de brand en die toe­gang tot die myn ver­sper.

“Nie­mand kan nou toe­gang kry nie, nie die be­stuur of an­der be­trok­ke­nes nie,” het De­ver­eux gis­ter­og­gend ge­sê.

Die myn­be­stuur het aan­vank­lik on­der­neem om die wer­kers se sa­la­ris­se te be­taal tot­dat pro­duk­sie her­vat word.

Dit blyk dat die geld in die koe­vert­jies wat nou uit­ge­deel is, kom van die myn­ei­e­naar, Van­ta­ge Gold­fields, aan­ge­sien geen gel­de­li­ke hulp nog van die re­ge­ring of die Ka­mer van Myn­we­se ont­vang is nie.

Die aan­vank­li­ke be­plan­ning was om ’n nu­we in­gangskag vir die myn te gra­we en dat pro­duk­sie dan oor so­wat ses tot agt maan­de her­vat sou word.

In­tus­sen het die myn on­ver­wags om sa­ke­red­ding aan­soek ge­doen.

Op ’n ver­ga­de­ring laat ver­le­de maand is die wer­kers in­ge­lig dat be­leg­gers ge­soek word om die sa­la­ris­se voor­lo­pig te be­taal.

“Die R650 is nie eens ge­noeg om kos vir my ge­sin vir die maand te koop nie,” het ’n wer­ker wat uit vrees vir in­ti­mi­da­sie nie sy naam ge­noem wil hê nie, ge­sê.

’n Woe­den­de wer­ker het ge­sê: “Die tyd om kalm te wees is nou oor. Hoe sal dié val­lei, die Loms­hiyo-val­lei, dit oor­leef?”

Ca­e­sar M­zo­be, ’n lid van die Lou­i­e­vil­le-ge­meen­skaps­fo­rum, het ge­sê die myn­be­stuur moet oop kaar­te speel.

“Dit lyk of ons men­se net so­wel daar­die dag kon ge­sterf het, nes ons drie kol­le­gas wat nie soos ons le­wend uit die sink­gat ge­kom het nie,” het M­zo­be ge­sê.

“Ons hoop op ’n po­si­tie­we ein­de aan dié sto­rie is nou van die ta­fel af­ge­vee.

“Hoe­kom moet ons aan­hou werk as hul­le weet daar gaan nie geld vir sa­la­ris­se wees nie?”

Gi­de­on du P­les­sis, hoof­se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit, het eer­gis­ter ge­sê hul­le gaan van­dees­week weer ’n ver­ga­de­ring met hul le­de by die myn hou en kos­pak­kies sal dan aan dié wer­kers uit­ge­deel word.

De­ver­eux sê hy het die af­ge­lo­pe week sa­me­spre­kings met die On­af­hank­li­ke Ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie (IDC) ge­voer oor die kri­sis.

“Ek kan wel sê daar is ’n spran­kie hoop op die ho­ri­son.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.