2 vas weens ge­stroop­te im­pa­las

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Twee ver­meen­de stro­pers is eer­gis­ter aan die Wes-Rand in heg­te­nis ge­neem na­dat hul­le met ge­stroop­te im­pa­las be­trap is.

Een van die ver­meen­de stro­pers (35) het in ’n rooi O­pel ’n rooi ver­keers­lig ver­ont­ag­saam ter­wyl le­de van die K9-een­heid in Kru­gers­dorp daar ge­pa­trol­leer het.

Die le­de van die een­heid het die voer­tuig ge­volg en vas­ge­keer.

“Hul­le het die voer­tuig deur­ge­soek en be­bloe­de hou­ers met vleis daar­in ge­vind. Hul­le het die ver­dag­te daar­oor uit­ge­vra,” sê konst. Glo­ria Mas­wan­ga­nye, woord­voer­der van die Hek­poort-po­li­sie.

Die ver­dag­te kon nie ver­dui­de­lik waar­om hul­le die im­pa­las by hul­le het nie.

Mas­wan­ga­nye sê die le­de het in­lig­ting op­ge­volg wat hul­le tot in Mayi­buye in Kru­gers­dorp langs die S­terk­fon­tein-hos­pi­taal ge­lei het.

Die twee­de ver­dag­te (42) is daar vas­ge­trek.

Kop­pe, vel­le en vleis van im­pa­las is in die ys­kas van dié ver­dag­te ge­vind.

Daar word be­weer dat die die­re in die T­ha­ba­zim­bi-om­ge­wing ge­slag is.

Al­bei ver­dag­tes is in heg­te­nis ge­neem en aan­ge­kla weens jag son­der ’n jag­per­mit en die on­wet­ti­ge be­sit van wilds­vleis.

Die po­li­sie sê nog ver­dag­tes sal in heg­te­nis ge­neem word.

Die on­der­soek duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.