Ver­dag­te het na huis ‘ge­staar’, hoor hof

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Hoe­we­be­wo­ner van B­rits het die man wat hy meer as twee jaar ge­le­de na sy huis sien “staar” het, glo Woens­dag in die be­skul­dig­de­bank in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria her­ken.

Ba­rend Min­naar het gis­ter­og­gend in die hof ge­tuig hy het be­gin Maart 2014 een van die twee mans (John Mo­ses Khoza Ti­va­ne) wat van ’n rits moor­de op hoe­wes by B­rits aan­ge­kla word, saam met sy tuin­wer­ker op sy hoe­we ge­sien. Hy het die man ge­vra of hy by sy huis “wil steel” met dié dat hy so daar­na staar.

Ti­va­ne en K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi het vroe­ër skuld ont­ken op 26 aan­klag­te – van moord (vyf); po­ging tot moord (vyf); roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de (se­we); huis­braak (vier); die on­wet­ti­ge be­sit van vuur­wa­pens (twee); en die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie (drie).

Die be­skul­dig­des het glo op 29 Maart 2014 by Min­naar se huis in die Sout­pans­drift-hoe­we­ge­bied in­ge­breek.

Min­naar het ge­tuig Ti­va­ne het sy tuin­wer­ker so­wat drie we­ke voor die in­braak be­soek.

Hul­le het teen ’n muur ge­sit en was so­wat 30 m van hom (Min­naar) af. “Hul­le het net daar ge­sit en praat en na my huis ge­staar.”

Hy kon Ti­va­ne deur sy huis se ven­sters sien. Vol­gens Min­naar is dit ver­dag as ie­mand so­wat twee uur lank na jou huis staar. Hy het toe uit­ge­gaan en in Fa­na­ga­lo met die tuin­wer­ker ge­praat.

Hy het ge­vra: “Wil hy (Ti­va­ne) steel? Ek wil nie hê hy moet na my huis kyk nie.”

Vol­gens Min­naar het die tuin­wer­ker net ge­lag, soos wat hy ge­woon­lik ge­doen het as hy ge­kon­fron­teer is.

Min­naar het toe te­rug­ge­stap huis toe.

Die ver­de­di­ging het hom ge­vra hoe hy Ti­va­ne ná twee jaar kon her­ken.

Min­naar het ge­ant­woord: “Daar is ’n spe­si­fie­ke ma­nier of styl hoe hy is, die uit­druk­king op sy ge­sig of die trek om sy mond. Elk­een het ’n ma­nier.”

Hy het ge­sê hy werk met baie men­se en kan ge­sig­te ont­hou.

Die ver­de­di­gings­ad­vo­kaat het Ti­va­ne ge­vra om op te staan so­dat Min­naar die groot knop op sy reg­ter­oor kon sien.

Min­naar is ge­vra of hy die “mis­vor­ming” aan die oor kan sien. Min­naar het ge­ant­woord hy kon dit nie oor 30 m by sy huis sien nie en dat Ti­va­ne se reg­ter­oor nie des­tyds sig­baar was nie. Hy het des­tyds na die lin­ker­kant van Ti­va­ne se ge­sig ge­kyk ter­wyl dié teen die muur ge­sit het.

Hy kan Ti­va­ne se “ba­sie­se ge­sig en (ge­sig)vorm ont­hou”, het hy ge­tuig.

Van 29 Maart tot 16 Ju­nie 2014 is vier men­se by B­rits ver­moor: Le­an­der Derck­sen van Sout­pans­drift, Da­nie Derck­sen van Ge­luk, Lou­is van Wyk van Ka­ree­poort en Jos­hua Jo­han­nes Ja­co­bus Jou­bert van Ma­mo­ga­lie­s­kraal.

Van Wyk het Mat­ho­si Sit­ho­le, ’n ver­meen­de me­de­plig­ti­ge van die be­skul­dig­des, uit self­ver­de­di­ging dood­ge­skiet.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

K­no­w­led­ge Mand­la­zi en John Tiy­a­ne van­dees­week in die be­skul­dig­de­bank in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.