Vroue by hul hui­se aan­ge­val

Boe­we pro­beer ma met plas­tiek­sak ver­smoor

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Twee vroue is eer­gis­ter in huis­roof­tog­te in on­der­skei­de­lik Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) en Gro­blers­dal in Lim­po­po oor­val en aan­ge­rand.

So­nia Gey­ser (69) van Gro­blers­dal het ’n ver­be­te stryd teen haar aan­val­lers ge­voer. Hul­le het haar net ná 17:00 oor­val toe sy by haar huis stil­ge­hou het.

Haar seun, A­wie, sê drie mans met ’n AK47-aan­vals­ge­weer en ’n 9 mm-pis­tool het haar in­ge­wag.

“Hul­le het die bak­kie se ven­sters met die AK47 stuk­kend ge­slaan en my ma uit die bak­kie ge­gryp.”

Gey­ser is hard­han­dig oor die vloer van die mo­tor­huis ge­sleep en die huis in­ge­boen­der.

Die ro­wers het die he­le tyd ge­sê hul­le soek geld.

“Hul­le het my ma met ’n plas­tiek­sak pro­beer ver­smoor . . . dit was vir haar die erg­ste. Sy het die sak stuk­kend ge­skeur en ver­skrik­lik hard te­rug­ba­klei,” sê A­wie.

Gey­ser is in haar slaap­ka­mer toe­ge­sluit ter­wyl die drie mans deur die huis ge­kyk het wat hul­le kan steel. Hul­le het twee wind­buk­se en ’n klein be­drag geld ge­vat.

“My ma het haar twee­rig­ting­ra­dio in die han­de ge­kry en daar­oor ge­fluis­ter om hulp so­dat die aan­val­lers haar nie hoor nie.”

Die dorp se buurt­wag het blit­sig ge­re­a­geer, maar die aan­val­lers het weg­ge­kom.

A­wie sê sy ma is erg ge­kneus. “Sy kan van­dag skaars loop, maar sy is ’n baie sterk vrou en gaan aan.”

Gey­ser is so­wat twee maan­de ge­le­de ook be­roof.

“As dit nie vir die buurt­wag in Gro­blers­dal was nie, weet ek nie wat sou ge­beur het nie. Die mis­daad­vlak hier is baie hoog.”

Eer­gis­ter is ’n 76-ja­ri­ge vrou in Mo­di­mol­le in haar huis aan­ge­rand en be­roof.

Die vrou, wie se i­den­ti­teit om vei­lig­heids­re­des nie be­kend ge­maak word nie, het om­streeks 12:00 by haar huis in Steve Tshwe­te­straat stil­ge­hou. Drie mans en ’n vrou wat hul­le as voor­ne­men­de huis­ko­pers voor­ge­doen het, het haar die huis in­ge­boen­der en met ka­bel­bin­ders vas­ge­bind. Sy is van ju­we­liers­wa­re, haar sel­foon en geld be­roof.

Die po­li­sie het men­se ge­maan om nie v­reem­de­lin­ge wat sê hul­le wil huis koop in hul hui­se toe te laat nie.

Die ro­wers word nog ge­soek.

So­nia Gey­ser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.