Wa­pens ge­kry

Beeld - - Nuus -

Die po­li­sie het glo 131 pa­tro­ne vir ses vuur­wa­pen­ka­li­bers en twee pis­to­le ge­kry by die twee mans wat te­reg­staan weens ’n reeks moor­de by hoe­wes in B­rits.

Die staat sê in die op­som­ming van sy saak die po­li­sie het K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi op 29 Ju­nie 2014 na­by Won­der­kop by Ma­ri­ka­na ge­ar­res­teer.

’n 9 mm­se­mi­ou­to­ma­tie­se pis­tool en twee pa­tro­ne is by hom ge­kry. Hy het glo nie ’n li­sen­sie vir die wa­pen ge­had nie.

Die staat sê ge­tui­e­nis gaan ge­lei word dat dié wa­pen ge­bruik is in die “pleeg van verskeie van die mis­da­de waar­van die be­skul­dig­des aan­ge­kla word”.

Die staat voer aan al­bei die mans was in be­sit van die pis­tool en am­mu­ni­sie.

Die po­li­sie het op 1 Ju­lie 2014 122 pa­tro­ne vir vyf vuur­wa­pen­ka­li­bers op­ge­spoor. Drie dae la­ter het hul­le ’n 6.35 mm­se­mi­ou­to­ma­tie­se pis­tool met ne­ge pa­tro­ne ge­kry. Die staat be­weer die be­skul­dig­des het ook al hier­die skiet­goed on­wet­tig be­sit.

Die staat be­weer die 6.35 mm­pis­tool en ­am­mu­ni­sie is op 17 Mei 2014 by C­har­les Fran­cis Kui­sis van Ge­luk ge­roof. Kui­sis is in sy tuin ge­skiet, aan­ge­rand en be­roof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.