Moe­der­stad se stief­kind ly stil, son­der hoop

Beeld - - Kommentaar - I­vor is ’n SABC2­nuus­le­ser en me­de­aan­bie­der van Mo­ni­tor op RSG.

Die Son­dag­kerk­diens het al ein­de se kant toe be­gin staan toe ’n ben­de­lid van Ha­no­ver­park op die Kaap­se Vlak­te be­leefd kom vra het dat die ge­meen­te nie ná die tyd vrees­lik moet draal nie.

Sy ver­soek was vrien­de­lik dog ferm – en hoe­wel hy nie lang sto­ries ge­praat het nie, was die sub­teks dui­de­lik: Maak jul­le uit die voe­te, of be­land in die kruis­vuur van twee stry­den­de ben­des.

Die laas­te ge­sang is ge­sing en min­der as ’n kwar­tier la­ter is die kerk se bui­te­hek ge­sluit. Kort daar­na het die eer­ste s­ko­te ge­klap.

Die ge­meen­te­lid, by wie ons ge­sin op dié mid­dag ná die diens ge­ëet het, het on­ge­ërg haar woon­stel se voor­deur toe­ge­trek en ’n ta­fel­ge­bed ge­sê.

“Vir wat ons gaan ge­niet, o Heer, maak ons e­wig dank­baar,” het sy ge­pre­wel voor­dat sy hard­op a­men ge­sê het. Die mans het eer­ste kans ge­kry om op te s­kep. El­ke keer as ’n skoot ge­klap het, is die TV ef­fens har­der ge­sit – son­der dat daar ooit na die oor­log bui­te die voor­deur ver­wys is.

Eint­lik is die woon­stel­le op die Vlak­te niks an­ders as kon­sen­tra­sie­kam­pe nie, het ek daai mid­dag ge­dink.

Dit strek oor ver­skil­len­de woon­ge­bie­de heen en is ’n le­wen­de sim­bool van al­les wat in die ou én nu­we Suid-Afrika skeef­ge­loop het. Dis die stor­tings­ter­rein waar die a­part­heids­re­ge­ring se­dert die 1950’s ver­al bruin men­se weg­ge­gooi het, ja.

Maar dit is ook van­dag ’n plek waar­van die re­ge­ring eer­der sou wou ver­geet. Dis ui­ters oor­be­volk en die twee­slaap­ka­mer­woon­stel­le word meest­al deur tot agt men­se (of selfs meer) ge­deel. Net hier en daar is daar ie­mand wat werk en dwelms en ben­des is al deel van die Vlak­te se DNS.

Nie­mand k­nip reg­tig meer ’n oog as die s­ko­te klap nie. Die lyk­hui­se lê tot oor­lo­pens toe vol ben­de­slag­of­fers. Baie van hul­le is kin­ders. El­ke dag is daar ’n nu­we slag­of­fer, hoe­wel die mees­te van hul­le se na­me en sto­ries nie meer die me­dia haal nie. Die ge­luid van vuur­wa­pen­sko­te is lank reeds so be­kend soos die klin­gel wat saans die TV-nuus aan­kon­dig.

Die Moe­der­stad wat toe­ris­te be­leef, is ver ver­wy­derd van die werk­lik­he­de wat die men­se van die Vlak­te el­ke dag moet trot­seer. Om die waar­heid te sê, dit kon net­so­wel in ’n an­der land wees. Ver weg van die see en die ma­je­stu­eu­se Ta­fel­berg en wyn­lan­de lê ’n be­bou­de strook oor­trek van moe­de­loos­heid.

Mis­kien kort ons ’n bur­ger­reg­te-or­ga­ni­sa­sie, soos A­friForum, om die lot van bruin men­se op die Vlak­te op die nuus­a­gen­da te plaas. ’n Or­ga­ni­sa­sie wat nie sal rus tot­dat die ben­de­nag­mer­rie tot pri­o­ri­teits­mis­daad ver­klaar word nie.

Die dooi­es kan nie vir hul­self praat nie – en die tra­ne van ’n ge­sin wat ’n ge­lief­de in ’n ben­de­koe­ël­re­ën ver­loor het, dra dui­de­lik nie meer krag nie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.