Sin­ne­lo­se ge­weld het geen plek in de­mo­kra­sie

Beeld - - Kommentaar -

Die spoor van ver­nie­ti­ging wat on­te­vre­de in­wo­ners van Lim­po­po van­dees­week in die pro­vin­sie ge­laat het, is sin­ne­loos en mis­da- dig.

Geen reg­ver­di­ging kan aan­ge­voer word vir die af­brand van min­stens 22 sko­le, ’n sa­tel­liet­po­li­sie­kan­toor en ’n pos­kan­toor nie.

Die ge­weld in die Vu­wa­ni-streek het Son­dag uit­ge­breek om­dat in­wo­ners met mu­ni­si­pa­le af­ba­ke­nings on­te­vre­de is wat Vu­wa­ni deel sal maak van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wat saam met Ma­la­mu­le­le in­ge­lyf sal word.

Die oproer het be­gin na­dat die hoog­ge­regs­hof in Lim­po­po Vry­dag be­slis het daar is nie gron­di­ge re­des om die nu­we af­ba­ke­nings teen te staan nie.

Dat men­se 22 jaar ná die aan­breek van de­mo­kra­sie nog ge­weld van dié aard in hul eie ge­meen­skap­pe pleeg, moet die rooi lig­te by die re­ge­ring laat flik­ker. De­mo­kra­sie be­te­ken juis dat par­tye nie toe­vlug tot ge­weld mag neem nie.

Te dik­wels ge­beur dit dat on­te­vre­den­heid oor diens­le­we­ring of af­ba­ke­nings in ge­weld oor­bor­rel. In die af­ge­lo­pe de­ka­de het ge­weld­da­di­ge be­to­gings by­na ver­dub­bel en am­per ’n al­le­daag­se ver­skyn­sel ge­word. Die tra­gies­ste daar­van is dat ge­meen­skap­pe hul eie ge­rie­we af­breek en ver­nie­tig. Die sko­le wat in Lim­po­po af­ge­brand is, gaan dui­sen­de kin­ders – wat dit al­ler­mins ver­dien – met ’n ag­ter­stand laat tot­dat nu­we sko­le ge­bou is.

Men­se moet be­sef dat ge­boue en ge­rie­we nie af­ge­brand en dan net weer op­ge­rig kan word nie. Ge­meen­skap­pe moet ver­ant­woor­de­lik­heid vir die ge­rie­we aan­vaar. Hul­le moet bel­ha­mels en aan­stig­ters uit­wys en aan die po­li­sie oor­han­dig, an­ders is hul­le ná el­ke vlaag van ge­weld net sleg­ter daar­aan toe.

Uit ’n mens­li­ke oog­punt is dit soms moei­lik om die arm­stes on­der ons te ver­oor­deel wan­neer hul­le uit frus­tra­sie ’n klip op­tel of paaie ver­sper. Nie­te­min moet hul­le die dui­de­li­ke bood­skap kry dat ge­weld reg­tig nie die ant­woord is nie.

Beslis­te lei­er­skap is no­dig, maar met pres. Ja­cob Zu­ma wat net oor sy eie oor­le­wing be­gaan is, kan ons ver­geet van e­ni­ge rig­ting van sy kant af.

Die stem­bus is een van die be­lang­rik­ste ma­nie­re om on­te­vre­den­heid uit te druk; nie ge­weld nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.