Gee kin­der­sa­ke voor­rang

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - A­no­niem van Mur­ray­field skryf:

Twee be­rig­te in Beeld van 4 Mei – die een oor die uit­spra­ke van die ad­vo­kaat vir die ver­de­di­ging in die Bob He­witt-saak (“He­witt-da­de is nie so erns­tig”) en R­ho­da Ka­da­lie se ru­briek (“Be­leid kort teen sek­su­e­le ge­weld”), noop my om die vol­gen­de te be­pleit: Die nu­we her­sien­de Kin­der­wet van 2007 is ’n groot ver­be­te­ring op die oue, maar een as­pek van die wets­ver­loop het my uit die staan­spoor ge­pla.

Ek is van me­ning dat daar ’n wy­si­ging ten op­sig­te van die hof­pro­ses in die ge­val­le van moont­li­ke sek­su­e­le uit­bui­ting of mis­han­de­ling van ’n kind moet plaas­vind.

Te dik­wels het ek, as maat­skap­li­ke wer­ker (ek het reeds af­ge­tree) en nou weer met vrien­de se klein­kind ge­sien hoe die hof­pro­ses uit­ge­rek en uit­ge­rek word tot tra­gie­se na­de­le van die kind en dié wat hom lief­het.

Uit­ein­de­lik word die kind on­der­werp aan te veel be­ken­te­nis­se, ve­le ge­sig­te, me­die­se on­der­soe­ke, ver­keer­de raad en vol hof­rol­le. Ver­al laas­ge­noem­de. Die kind­jie van so jonk as drie jaar moet sy sto­rie oor en oor ver­tel en maan­de ver­loop waar­in hy net mooi op sy psi­go­lo­gie­se be­ne kom om weer van voor te be­gin met die pro­ses, met die ge­volg­li­ke se­kon­dê­re trau­ma. In­dien ’n kind aan te veel ge­sig­te en pro­ses­se on­der­werp word, dink hy la­ter daar is fout by hom.

Ons vrien­de en hul dog­ter moes wor­stel om eers ’n be­sker­mings­be­vel teen die pa te kry, daar­na moes die mei­sie­tjie haar sto­rie aan ’n maat­skap­li­ke wer­ker ver­tel, die kin­der­een­heid van die po­li­sie wou of kon die saak nie han­teer nie.

Ná maan­de het hul­le by die kin­der­hof uit­ge­kom en het die land­dros be­sluit die saak moet na die straf­hof ver­wys word.

Dit neem nou weer maan­de en maan­de (want die hof­rol is te vol) en al­les be­gin van voor­af. Die ge­sin en na­tuur­lik die on­skul­di­ge kind ly al twee jaar on­der stres en on­se­ker­heid.

Ek pleit dat sake van be­weer­de sek­su­e­le mis­bruik waar kin­ders be­trok­ke is, voor­rang op die hof­rol­le kry.

Dit moet ook be­kos­tig­baar wees vir arm men­se.

Al­ter­na­tie­we­lik of ge­paard­gaan­de hier­mee moet lei­ers van die maat­skap­li­ke raad, u­ni­ver­si­tei­te en die mi­nis­ter die een of an­der ko­mi­tee van be­lang­heb­ben­des stig waar in­drin­gend na die pro­bleem ge­kyk kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.