Ek huil oor tal­le kin­ders wat nou son­der sko­le is

Beeld - - Kommentaar - Georg K­no­ke van Auck­land Park skryf:

As ’n vu­ri­ge voor­stan­der van on­der­wys huil ek bit­ter­lik saam met al­mal wat in skok moes ken­nis neem van die af­brand van tien­tal­le sko­le in die Vu­wa­ni-streek van Lim­po­po.

Net om­dat o­proer­ma­kers nie deel van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wil wees nie!

Hoe kwaad moet ’n ge­meen­skap wees om een van die sleu­tels tot ’n be­ter toe­koms blin­de­lings af te brand son­der om aan die ge­vol­ge te dink? In ’n land soos Suid-Afrika, waar on­der­wys een van die pi­la­re is om ’n ge­meen­skap te be­mag­tig met ken­nis, is hier­die da­de on­denk­baar en ook on­ver­skoon­baar.

Hoe ver­vang jy so baie sko­le – nie net die in­fra­struk­tuur nie, maar ook die boe­ke en al­le ad­mi­nis­tra­tie­we in­lig­ting, soos skool­in­lig­ting oor dui­sen­de leer­lin­ge? En hoe lank sal al hier­die be­na­deel­de kin­ders nou moet sit son­der e­ni­ge ma­nier om on­der­wys te kry? Daar is reeds ’n erns­ti­ge geld­te­kort om ge­hal­te-on­der­wys te ver­skaf, wat nog te sê van om ver­bran­de sko­le te her­stel, want dit gaan mil­joe­ne ran­de kos.

Ek huil, want dui­sen­de kin­ders, as­ook ou­ers, se groot dro­me om een­dag ’n ver­skil te maak in hier­die mooi land van ons het in vlam­me op­ge­gaan en is on­her­stel­baar ver­brand. Ver­woes! Dis die hart­seer­ste van al­les!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.