Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middleblad -

VSMS’e kos R1,50

Nou kom die op­po­si­sie reg. Luis­ter nie meer na Zu­ma se praat­jies nie. Laat hy al­leen staan en gor­rel. V Die EFF se ma­ne­wa­les in die par­le­ment be­gin nou ir­ri­te­rend raak, maar ons moet er­ken daai hou van die LP na die po­li­sie­man was klas­siek. Uit die skou­er op die neus! Geel kaart, maar sui­wer! He­he! V Be­hoort op­set­li­ke brand­stig­ting nie as po­ging tot moord be­skou te word nie? Daar kon im­mers wer­kers of leer­lin­ge in die af­ge­bran­de ge­boue ge­wees het. V O­proe­ri­ges brand 22 sko­le in Lim­po­po, maar die pre­si­dent sê dit gaan goed in die land! Hy sê hoe­veel sko­le is reeds ge­bou, maar weer­hou hom om e­ni­ge mel­ding hier­van te maak!

VDie re­gis­tra­sie van leer­lin­ge het be­trek­king. Le­su­fi, wat de dui­wel gaan hier aan? Vrien­de van my se seun het pla­sing by die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof, Men­lo­park, en Mei­sies Ho­ër ge­kry. Be­lag­lik! V Ja, boe­lies op skool kan ’n kind ’n le­wens­lan­ge min­der­waar­dig­heids­kom­pleks gee. Ek weet, my kind is een wat on­der sne­di­ge en af­ta­ke­len­de aan­mer­kings ge­ly het.

VKer­ke ver­wag dat oud­sol­da­te van die Grens­ oor­log moet uit­reik na die men­se van So­we­to, maar die na­me van die ein­ste sol­da­te se ge­sneu­wel­de mak­kers mag nie op Vry­heids­park se Muur van He­rin­ne­ring ver­skyn nie.

VKer­ke vat oud­troe­pe na So­we­to – hoe­kom nie al die ge­ne­raals, ka­pe­la­ne, pre­di­kan­te en mi­nis­ters van daar­die tyd nie? Vat hul­le met bus­se na die Or­lan­do­sta­di­on en laat hul­le ons wys hoe ons moet ver­soen. Wie het ons ge­dwing om grens toe te gaan en ons vrou­ens en kin­ders al­leen by die huis te los?

VWat van die po­li­sie wat ook by die on­lus­te was? Vra maar net.

VEk wei­er om na e­ni­ge towns­hip te gaan, ons is uit­ge­jou deur die in­wo­ners en ons moes staan­de bly vir an­der se doel­wit­te en oog­mer­ke, en wie het ons ge­lief­des op­ge­pas?

VFran­cois Hou­gaard, bly as­se­blief in Frank­ryk en los die S­pring­bok­ke uit. Ons het ge­noeg skrum­ska­kels in die land wat in elk ge­val baie be­ter spe­lers is.

VAg An­dré, jou kom­men­taar is net suur drui­we. As Suid­A­fri­ka­ner on­der­steun ek al­le SA span­ne teen oor­se­se teen­stand. Jy wil maar net hou in­kry teen die Bul­le.

VKan nie glo wat ek lees wat adv. En­gel­brecht dink oor die ver­krag­ting nie! Se­ker­lik sou hy nie so ge­voel het as hy ja­re lank die pad moes stap met ’n ver­krag­te dog­ter wat fi­siek en e­mo­si­o­neel ge­knak is nie. Ou­der­dom is ook nie ver­sag­ting nie, want He­witt het te lank die voor­reg ge­had van ’n nor­ma­le le­we.

VEk wil graag weet: Mo­to­ris­te het tot 60% af­slag in­dien hul­le ag­ter­stal­li­ge tol­geld be­taal. Moet ons wat nog al­tyd ons ver­plig­tin­ge na­ge­kom het maar aan die ag­ter­speen suig? Ek het reeds dui­sen­de ran­de aan tol­geld be­taal, maar kry niks vir my wets­ge­hoor­saam­heid nie. Ek stel voor – ver­goed ons wat be­taal het ten min­ste met ’n bo­nus.

VEk ver­staan nie mooi nie. Daar was ’n slag­ting op ons paaie die af­ge­lo­pe lang­na­week. Een ba­ba, vier kin­ders en 40 plus moor­de op vol­was­se­nes per dag – dis “nor­maal”?

VKoos Ter­blan­che, ek loop lank­al en won­der oor die werk­li­ke re­de waar­om men­se so graag die kerk en Chris­te­ne so by­kom. Neem die kerk van­dag weg en kyk hoe stort die gan­se so­si­a­le om­gee vir hulp­be­hoe­wen­des in ons land in duie.

VEd­will, die R50 va­n­af S­tan­der­ton is er­ger as die paaie in Pi­la­nes­berg. Geen slag­ga­te, slegs slag­don­gas. Dit moet die swak­ste pad in SA wees.

VEk s­tem saam met Ed­will van Aar­de. Ons was ook ge­skok oor die mag­dom slag­ga­te va­n­af P­ha­la­bor­wa oor Hoed­spruit tot by Bel­fast. Ons kon nie eens a­sem­ro­wen­de na­tuur­skoon ge­niet nie! Net voor­dat ons op die snel­weg na P­re­to­ria kom, tref ons die laas­te slag­gat!

VEk s­tem saam met Jim­my. Net Son­dae se mu­siek is die moei­te werd om te luis­ter op P­re­to­ria FM.

VJa, Jim­my, ek s­tem saam met jou. P­re­to­ria FM speel dees­dae die groot­ste ge­mors en be­slis nie meer die mu­siek waar­na ’n mens kan luis­ter nie.

VAs ek vir my vrou daai di­a­mant koop, sal sy sê dit laat haar vet lyk!

VOns eens kyk­ba­re se­pie het ’n ril­ler ge­word met ’n ou­der­doms­be­per­king! Sie­sa! Kyk nie ver­der nie!

V“Trans­for­ma­sie” word dees­dae selfs in die se­pies en flieks in ons ke­le af­ge­druk.

VOns is be­jaar­de men­se en ons ver­huur ons huis. Die men­se hou net op be­taal, dit is ons e­nig­ste in­kom­ste, wat kan ons doen?

VKan e­nig­ie­mand as­se­blief vir ons Trans­net­pen­si­oen­trek­kers sê wan­neer die reg­ter sy uit­spraak gaan gee? Dit was al ’n maand ge­le­de wat die saak ver­hoor is en hy sy uit­spraak voor­be­hou het. Baie dan­kie.

VNi­ël van Vuur­en, jy’s u­niek. Jou spot­pren­te is in die kol.

Fo­to: GETTY

Le­se­di la Ro­na, die groot­ste on­ge­slyp­te di­a­mant ter wê­reld.

Fo­to: LUIGI BEN­NETT

Fran­cois Hou­gaard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.