Wie is A­fri­kaan­ses?

Tim du P­les­sis vat die eer­ste week se by­dra­es saam, ter­wyl Ru­dolf S­tehle vra vir ’n nu­we en on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit wat nie op ras ge­grond is nie.

Beeld - - Middleblad - P­re­to­ria FM is die uit­saai­ven­noot van die reeks. Luis­ter sog­gens om 08:20 na ’n by­drae – op fre­kwen­sie 104.2 of DStv­klank­ka­naal 887 of by www.pre­to­ri­afm.co.za

Die tyd is ryp vir die op­rig­ting van ’n on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit.

Met ’n stuk of vyf by­dra­es ag­ter die blad is een vraag reeds ferm op die ta­fel: Wie is dié A­fri­kaan­se men­se wie se “waar­heen” ons hier wil ont­ra­fel? “A­fri­ka­ners” of al­mal wat A­fri­kaans praat en ver­staan?

Le­o­pold S­choltz se Kruis­paaie- boek, waar­uit die o­pe­nings­by­drae kom, is van­uit die hoek van die tra­di­si­o­ne­le (wit) A­fri­ka­ner­per­spek­tief ge­skryf. F­lip Buys skryf ook groot­liks oor die hui­di­ge pro­ble­ma­tiek van A­fri­ka­ners. So­li­da­ri­teit se tra­di­si­o­ne­le sie­ning van ’n A­fri­ka­ner is e­nig­ie­mand wat hom of haar i­den­ti­fi­seer as A­fri­ka­ner on­ge­ag her­koms of vel­kleur. A­fri­kaan­ses het ek nog nooit by hul­le ge­hoor nie.

Dan­ny Ti­tus sê as dié ge­sprek oor “A­fri­ka­ner” gaan, gaan dit nê­rens heen nie. Tog maak hy dié (vir my) skerp­sin­ni­ge op­mer­king: “A­fri­ka­ners is ’n be­dui­den­de on­der­deel van A­fri­kaans. (Maar) . . . hul­le is nie die al­leen­ver­teen­woor­di­gers van A­fri­kaans nie.” Ti­tus se by­drae het nog­al met my ge­praat.

Ook om­dat ek daar­na Buys se ewe gel­di­ge waar­ne­ming ge­lees het: Die ANC-re­ge­ring se be­leid van na­sie­bou deur oor­heer­sing s­kep vir A­fri­ka­ners “’n be­staans­uit­da­ging om­dat A­fri­ka­ners as grond­wet­li­ke kul­tuur­ge­meen­skap nie deel is van die re­ge­ring se toe­koms­beeld nie, be­hal­we as in­ge­lyf­de en­ke­lin­ge”.

Of soos ek die ANC ver­staan: Jul­le mag A­fri­ka­ners wees, maar net vol­gens my be­stel­ling, waar­van nom­mer een is: Los jul aan­drang op A­fri­kaan­se sko­le on­ge­ag of dit ’n grond­wet­li­ke reg is.

My punt: Voor­dat A­fri­ka­ners die po­li­tie­ke heer­sers sal oor­tuig van hul le­gi­tie­me aan­spra­ke – in so­ver­re dit moont­lik is – sal hul­le eers die an­der A­fri­kaans­pra­ters moet oor­tuig wat hul­le nié i­den­ti­fi­seer as “A­fri­ka­ners” nie. Die ANC is, selfs in sy ver­val­le toe­stand, steeds mees­ters in die kuns van ver­deel en heers. Hier­voor sal twee goed moet ge­beur:

A­fri­ka­ners sal sig­baar, hoor­baar en voel­baar ver­ant­woor­ding moet doen vir die on­reg wat wit spre­kers van die taal hul bruin taal­ge­no­te aan­ge­doen het. Soos Ti­tus se kol­le­ga (by die ATKV, neem ek aan) ge­doen het; en

Bruin en swart A­fri­kaans­spre­ken­des sal die “mens­gel­dig­heid” van hul wit taal­ge­no­te moet aan­vaar. Dis waar­om Ti­tus se ti­pe­ring van “be­dui­dend” be­hulp­saam is.

Die ver­gry­pe van ko­lo­ni­a­lis­me en a­part­heid, ver­werp­lik soos hul­le was en is, maak my nie min­der mens in 2016 nie. Dis soos om aan die Duit­sers te sê weens hul Na­zi­ver­le­de mag hul­le nie pro­tes­teer as die Eu­ro­pe­se U­nie sou be­sluit om Duits as een van sy amps­ta­le af te skaf nie.

Ons gaan suk­kel om nu­we kon­toe­re op die A­fri­kaan­se land­skap te trek as wit A­fri­kaan­se men­se aan­hou­dend met die teer­kwas van a­part­heid tot twee­de­klas­bur­gers ge­re­du­seer word wat liefs moet bek­hou.

A­fri­ka­ners weer wat graag dié pro­ses tus­sen wit en bruin/swart taal­ge­no­te wil aan­help, kan ge­rus ont­hou dit sal die he­le doel ver­y­del om met ’n “ja-maar”-ge­sind­heid in te gaan. Ja, maar dit was nie so erg nie. Ja, maar nie ál­les was sleg nie. Of “jul­le men­se” moet er­ken die A­fri­ka­ners het die land “op­ge­bou”.

Luis­ter na me­kaar se sto­ries

In dié ver­band het die po­li­tiek­do­sent A­li­da

Kok En­gel­brecht die be­lang­rik­heid uit­ge­wys van die “sto­ries”, die mi­to­lo­gie, wat groe­pe en vol­ke deel en van ge­slag tot ge­slag oor­dra.

Hier is iets wat ont­gin kan word. Ons sal vor­der as ons net na me­kaar se sto­ries luis­ter – on­be­van­ge, son­der oor­deel en voor­oor­deel. Kok En­gel­brecht se in­sig­ge­wen­de op­mer­king dat die A­fri­ka­ners se mees­ter­nar­ra­tief in 1994 ge­ëin­dig het, was nog­al iets om te sluk.

In­der­daad. Wat­ter “sto­rie” sal die A­fri­ka­ners ver­tel as hul­le een­dag oor die post-1994e­ra moet praat? Hul hui­di­ge “sto­rie” kan nie on­be­paald, soos Kok En­gel­brecht sê, in die “in­ter­ne wê­reld” van vleis­braai­vu­re en huis­kroeë ver­tel word nie.

Ja­pie Gouws van die ATKV is A­fri­kaans se man met ’n lied in die hart en met han­de en ’n kop wat vir niks ver­keerd staan nie. Hy is som­mer ook die ant­woord op die ou­ens wat wil hê ’n ou­der­doms­perk moet geld vir deel­ne­mers aan die Groot A­fri­kaan­se Saam­praat.

Gouws is ook A­fri­kaans se ge­hei­me a­gent. Met sy wel­wil­len­de aan­slag steek hy gren­se oor en wen vrien­de vir A­fri­kaans op plek­ke en by ge­leent­he­de waar­van tal­le net kan droom.

Glo hom dus maar as hy sê A­fri­kaans word ge­reeld deur ’n ge­raam­de 40% van al­le Suid-A­fri­ka­ners ge­bruik. Dit is dus nie die min­der­heids­taal, soos wat se­ke­re lui den­kers ons wil laat glo nie.

Gouws en sy ATKV leef en werk in ve­le op­sig­te reeds in die nu­we A­fri­kaan­se den­ken leef­wê­reld waar­van an­der nog droom.

Hy eg­go die te­ma in Kok En­gel­brecht se stuk wan­neer hy skryf: “Ons moet ons eie én me­kaar se sto­ries ken en ver­staan.” Du P­les­sis is gas­re­dak­teur van die ge­spre­kreeks en nuus­hoof by kykNET.

’NEeu ge­le­de was A­fri­kaans in ’n soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie as van­dag. Die o­pen­ba­re le­we is deur En­gels oor­heers en lord Mil­ner se mee­do­ën­lo­se po­gings om die wit A­fri­kaan­se be­vol­king ná die Ang­lo-Boe­re­oor­log te ver­en­gels, was vlak in die ge­heue.

“Die stu­den­te het in 1911 ge­pleit vir ’n A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit op S­tel­len­bosch om die arm A­fri­ka­ners op te hef uit die im­pe­ri­a­lis­tie­se druk­gang waar­in die na­weë van die oor­log hul­le ge­laat het,” skryf wy­le prof. Pie­ter Kapp in Ma­ties & A­fri­kaans 1911-2011: ’n Be­son­de­re ver­hou­ding.

Die A­fri­ka­ner-in­tel­li­gent­sia het ter­self­der­tyd in hul moe­der­taal be­gin glo en in­ge­spring en on­der­ne­mings soos die Na­si­o­na­le Pers, Die Bur­ger en San­lam be­gin om A­fri­kaans­spre­ken­des in hul moe­der­taal te be­dien.

Die y­wer van dié jong taal­tur­ke is, dank­sy ’n ruim erf­la­ting deur die S­tel­len­bos­ser Jan­nie Ma­rais, be­loon met die tot­stand­ko­ming in 1918 van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US), die eer­ste A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit in die land.

Dit het die weg ge­baan vir die er­ken­ning van A­fri­kaans as amp­te­li­ke lands­taal en sy snel­le op­gang van ’n di­a­lek tot ’n hoogs ont­wik­kel­de taal. A­fri­ka­ners is daar­mee saam uit ar­moe­de ge­lig.

Kruis­pad

Van­dag is A­fri­kaans en ál sy spre­kers – wit, bruin, swart, In­di­ër – weer by ’n kruis­pad.

Se­dert 1994 was daar ’n dras­tie­se af­na­me in die ge­bruik van A­fri­kaans in al­le o­pen­ba­re sek­to­re, in­slui­tend die his­to­ries A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te waar die ANC-re­ge­ring on­der die dek­man­tel van trans­for­ma­sie druk uit­oe­fen om dié u­ni­ver­si­tei­te te ver­en­gels.

U­ni­ver­si­teits­be­stu­re swig tel­kens daar­on­der. ’n Paar u­ni­ver­si­tei­te bied nog klas­se in A­fri­kaans aan, maar dié aan­bod neem dras­ties af.

Te oor­deel na on­lang­se uit­la­tings deur prof. Wim de Vil­liers, US-rek­tor, die on­der­duim­se wy­se waar­op twee US-fa­kul­tei­te lyn­reg teen die US-taal­be­leid in na slegs En­gels­me­di­um oor­ge­ska­kel het en die ver­de­di­ging van die ver­en­gel­sing deur A­fri­kaan­se do­sen­te, soos proff. An­ton van Nie­kerk en Amanda Gouws, is A­fri­kaans se dae hier ge­tel.

Hier­mee sug­ge­reer ek al­ler­mins die stryd om die be­houd van A­fri­kaans aan dié in­stel­lings moet laat vaar word. Maar die be­nar­de si­tu­a­sie bring A­fri­kaans­spre­ken­des voor die keu­se te staan: Pas aan en ver­se­ker op ’n in­no­ve­ren­de wy­se die voort­be­staan van A­fri­kaans of gee boe­del oor en kyk toe hoe die taal te­rug­gly na “kom­buis­taal”-sta­tus. A­fri­kaans be­no­dig nou wéér taal­en­tre­pre­neurs met on­der­ne­mings­gees.

Stig on­af­hank­li­ke u­ni­ver­si­teit

Die tyd is ryp vir die op­rig­ting van ’n on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit.

Die So­li­da­ri­teit Be­we­ging het reeds pro­ak­tief op­ge­tree en in 2012 ’n A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit son­der wins­be­jag, A­ka­de­mia, ge­stig.

On­ge­luk­kig be­staan die per­sep­sie dat die be­we­ging hom eks­klu­sief toe­spits op die be­vor­de­ring van wit A­fri­ka­ners se be­lan­ge en die be­sker­ming van hul min­der­heids­reg­te met die ge­volg dat bruin, swart en In­di­ër-A­fri­kaans­spre­ken­des – 60% van die taal se spre­kers – uit­ge­sluit word. Uit­slui­ting op et­nie­se gron­de het geen be­staans­reg meer nie.

Le­o­pold S­choltz het gis­ter te­reg in ’n ru­briek in Die Bur­ger (“A­fri­kaans hét staan­plek by US”) ge­skryf dat “A­fri­kaans aan die US nie ge­red (sal) word as ons dit bloot as ’n et­nie­se A­fri­ka­ner-en­kla­ve wil be­hou nie”.

Dié voor­be­houd geld ook A­ka­de­mia, on­danks F­lip Buys, voor­sit­ter van die So­li­da­ri­teit Be­we­ging, se ver­se­ke­ring in Beeld (“Saam­staan-kul­tuur­krag”, 9 Ok­to­ber 2015) dat A­ka­de­mia “toe­gank­lik vir en tot voor­deel (is) van al­mal wat in A­fri­kaans wil stu­deer”. Die pro­bleem is dat A­ka­de­mia van­weë sy ban­de met die be­we­ging on­ver­my­de­lik dié se in­sti­tu­si­o­ne­le kul­tuur sal eg­go.

Die op­los­sing lê daar­om in ’n u­ni­ver­si­teit wat a­po­li­ties en nie­ras­sig is met as e­nig­ste doel­wit die be­vor­de­ring van ho­ë­ge­hal­te­on­der­rig in A­fri­kaans. Plek sou ook met­ter­tyd in­ge­ruim kon word vir on­der­rig in die an­der in­heem­se lands­ta­le. Dié moet eers tot vol­waar­di­ge u­ni­ver­si­teits­ta­le ont­wik­kel word, maar ’n on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit kan po­ten­si­eel ook daar­toe ’n by­drae le­wer.

An­ders as ’n eeu ge­le­de moet dié u­ni­ver­si­teit vry wees van die na­si­o­na­lis­tie­se en et­nies-kul­tu­re­le stre­we waar­mee die taal­stryd des­tyds ver­weef was. Wat in die hui­di­ge ge­slag aktiviste se guns tel, is dat hul­le in A­fri­kaans ’n hoogs ont­wik­kel­de taal ge­ërf het.

A­fri­kaan­se skry­wers, taal­or­ga­ni­sa­sies en taal­ken­ners, soos wy­le prof. Ne­vil­le A­lex­an­der, het al in 2009-’10 met die ge­dag­te ge­speel om ’n on­af­hank­li­ke u­ni­ver­si­teit, die so­ge­naam­de Vrye A­fri­kaan­se U­ni­ver­si­teit, met klein sa­tel­liet­lo­ka­le oor die land heen op te rig.

Daar sou hoof­saak­lik van te­le­ma­tie­se on­der­rig en be­soe­ken­de do­sen­te ge­bruik ge­maak word. So ’n u­ni­ver­si­teit bied ’n rits uit­da­gings waar­van die groot­ste se­ker lo­gis­tiek en fi­nan­sies is. Maar dit is nie on­oor­kom­baar nie.

Die vier his­to­ries A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te ont­vang ruim gel­de­li­ke sken­kings van wel­ge­stel­de A­fri­kaan­se in­di­vi­due en in­stel­lings. In­dien hul­le oor­reed kan word om hul geld eer­der na ’n on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit te ka­na­li­seer, kan so ’n pro­jek slaag.

So, waar is die Jan­nie Ma­rais’s van 2016? S­tehle is ’n re­dak­sie­lid van Beeld.

A­fri­kaans hoef nie ge­ba­by­sit te word nie. Sy moet net neer­ge­sit word – so­dat sy kan hard­loop. So sê Steve Hof­meyr. Lees sy by­drae mô­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.