Va­se be­lig kwes­baar­heid

Mud­ge kom­bi­neer waan­sin en hu­mor in 25 wer­ke

Beeld - - Kuns - AJ Op­per­man

Die ti­tel van die beel­den­de kuns­te­naar Lu­cin­da Mud­ge se uit­stal­ling Kill You Eat You kom uit ’n plaas­li­ke nuus­sto­rie in die om­ge­wing waar sy woon.

“Ek woon in Keur­boom­strand na­by Knys­na. Daar was ’n sto­rie van ’n boy band wat hul mu­siek­vi­deo ge­skiet het by die Knys­na-kop­pe, wat nog­al ’n toe­ris­te-aan­trek­lik­heid is. En toe word hul­le aan­ge­val ter­wyl hul­le ver­film het.”

Die per­soon wat hul­le aan­ge­val het, het glo ge­sê: “I will kill you and then I will eat you.”

Vir Mud­ge is daar iets om­trent hier­die woord­keu­se.

“Dit het ’n e­le­ment van mal­heid en mis­kien iets snaaks, maar dit is ook vrees­aan­ja­end. Dit be­vat ge­weld.”

25 be­skil­der­de va­se word tot 22 Mei in die Ci­r­ca-ga­le­ry in Ro­se­bank uit­ge­stal. Dit is Mud­ge se vyf­de so­lo-uit­stal­ling.

“Vir my is dit ’n le­wensoom­blik, dié uit­stal­ling. Ek het so voor­be­reid ge­voel daar­voor, daar was geen pa­niek nie. Die ruim­te waar­in die va­se staan, is so stil. Weg van die ge­raas bui- te.”

Mud­ge het nie die vaas as me­di­um ge­kies nie.

Voor­heen het sy as ’n fo­to­graaf ge­werk en sy het on­der meer vier jaar in Lon­den deur- gebring.

Dees­dae woon sy saam met haar man, Sam, en hul dog­ter Bis­cuit in Keur­boom­strand.

Ná haar te­rug­keer na SuidA­fri­ka, meen sy, het sy haar s­tem as kuns­te­naar ge­vind.

“Ie­mand an­ders het vir my va­se ge­kies en ek het daar­mee saam­ge­gaan. Maar dit was ’n al­leen­pad wat die s­kep daar­van be­tref. Ek het my­self by die huis ge­leer deur na YouTu­be-vi­deo’s te kyk. Ek het tal­le mis­luk­kings ge­had toe ek va­se be­gin maak het, en daar was nie­mand wat vir my kon sê dit is hoe­kom dié of daai ver­keerd loop nie.”

Sy sê die vaas het ’n klas­sie­ke vorm. Sy hou van dié me­di­um.

“Een van die e­le­men­te van die vaas is dat jy net een kant op ’n slag kan sien. Jy moet rond­om dit loop. En daar is ’n oor­een­koms met mens­li­ke ge­drag. Ons kies wat ons wil sien en nie wil sien nie. Voor op die vaas sal daar iets moois wees en dalk iets ag­gres­siefs en aan­stoot­liks aan die an­der kant.

“So, nou weet jy wat voor en ag­ter is, maar of jy gaan in­ska­kel, is jou keu­se. Wan­neer ek jou ont­moet en ek vra jou hoe dit met jou gaan en jy sê dit gaan goed, is dit ba­sies waar ons die saak sal los. Ons ska­kel nie ver­der in nie.”

Haar va­se kom­bi­neer iets moois met iets swaar­der.

Die mens is ook so, sê Mud­ge. Men­se het ver­skil­len­de kan­te en is ook ge­kom­pli­seerd.

“Die va­se trek jou in, maar wan­neer jy by die twee­de vlak kom, wil ek ’n ge­voel van on­ge­mak uit­beeld, ’n ge­voel dat al­les nie nood­wen­dig wel is nie.

“Ek dink al­mal kan hul­le daar­mee ver­een­sel­wig. Op ve­le vlak­ke voel ons kwes­baar, in ons ver­hou­dings, in ons vriend­skap­pe. My werk le­wer kom­men­taar op mens­li­ke kwes­baar­heid.”

For Eva and Eva A­men deur Lu­cin­da Mud­ge.

The Cro­wd S­hou­ted (Jo­han­nes­burg) deur Lu­cin­da Mud­ge.

He Laug­hed Soft­ly deur Lu­cin­da Mud­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.