Jan­nie sing Lu­cas se lied­jies

Beeld - - Kuns -

Van­aand is Jan­nie du Toit en T­he­an Kot­ze om 19:00 met Kie­kies – Lu­cas se lied­jies in die NG kerk Oos­ter­lig in P­re­to­ria.

Dit is Lu­cas Ma­ree se lied­jies met sto­ries en staal­tjies uit sy le­we soos ver­tel deur vrien­de en fa­mi­lie. Vir die­ge­ne wat net ’n paar van sy tref­fers ken, wag ’n aan­ge­na­me ver­ras­sing.

Du Toit en Kot­ze, ’n stig­ters­lid van Ses S­na­re, her­ont­dek Ma­ree se ver­beel­ding­ry­ke kyk na die le­we en laat die ge­hoor met per­soon­li­ke a­nek­do­tes iets be­leef van sy uit­son­der­li­ke mens­lik­heid en kre­a­tie­we gees.

Twee er­va­re ver­hoog­kuns­te­naars bied die lied­jies van hul­le ge­waar­deer­de vriend, kol­le­ga en ’n le­gen­de van A­fri­kaan­se mu­siek pas­sie­vol aan. Soos Lu­cas self die ses­tigs se folk ge­sing het met die klem op fyn af­ge­ron­de ki­taar­spel, har­mo­nieë en teks­te wat iets te sê het, be­weeg Kot­ze en Du Toit sin­gend en spe­lend deur die land­skap van ver­ha­le, i­de­a­le, wys­heid en dro­me wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coe­nie de Vil­liers hom ge­noem het – daar­ge­stel het.

Ma­ree se werk boei oud en jonk – ’n seun­tjie se ge­waar­wor­din­ge oor ’n trek­lor­rie of die te­leur­stel­ling om nie vir die rug­by­span ge­kies te word nie, tot ein­de­lo­se, doel­lo­se ge­sprek­ke tus­sen ge­lief­des en die ont­dek­king dat lief­de nie min­der word as dit weg­ge­gee word nie. Soos die teks­te is die mu­siek ook ryk ge­ska­keer en bied dit aan die kom­bi­na­sie van ki­ta­re en stem­me oor­ge­noeg ruim­te vir eks­pe­ri­men­te­ring en ver­skei­den­heid.

Kaart­jies kos R120. Ska­kel 082 880 8484 om te be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.