Kom­mis­sie vra wéér uit­stel oor SABMil­ler­oor­na­me

Beeld - - Sakenuus - – Reu­ters

Jo­han­nes­burg. – Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie gaan nóg uit­stel vra om die oor­na­me van SABMil­ler deur An­he­u­serBusch (AB) InBev te on­der­soek.

Die sper­tyd is reeds vier keer uit­ge­stel.

“Ek kan be­ves­tig dat die Me­de­din­gings­kom­mis­sie nie Don­der­dag (gis­ter) ’n be­sluit gaan neem oor die SAB/ABInBev-sa­me­smel­ting nie. Dit word nog ’n keer uit­ge­stel,” het I­tu­me­leng Le­so­fe, woord­voer­der van die kom­mis­sie, Don­der­dag ge­sê.

Le­so­fe het ge­sê be­son­der­he­de sal la­ter ge­gee word.

Suid-Afrika het ’n ge­skie­de­nis van sloer met die goed­keur van tran­sak­sies, deels om­dat re­gu­leer­ders ’n man­daat het om pos­te te be­skerm, by­ko­mend daar­toe om me­de­din­ging te be­skerm.

Woens­dag het die par­tye wat be­trok­ke is by die s­tig­ting van Co­ca-Co­la Be­vera­ges A­fri­ca (CCBA) – SABMil­ler, Co­ca-Co­la en Gut­sche Fa­mi­ly In­ves­t­ments – met die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring oor­een­ge­kom op voor­waar­des vir die sa­me­smel­ting wat tot Afrika se groot­ste bot­te­le­rings­maat­skap­py sal lei.

SABMil­ler en Co­ca-Co­la is be­reid om R800 mil­joen te be­lê om ver­skaf­fers, klein­boe­re – ook ap­pel­boe­re wat vir Ap- ple­ti­ser ap­pels kan le­wer – en win­kels in swart be­sit te ont­wik­kel.

Dié voor­waar­des eg­go ’n oor­een­koms wat AB InBev be­reik het om ’n fonds van R1 mil­jard te s­kep om die plaas­li­ke bier­be­dryf te on­der­steun en pos­te te be­skerm in sy po­ging om die tran­sak­sie goed­ge­keur te kry.

Wal-Mart, die wê­reld se groot­ste klein­han­de­laar, het oor­een­ge­kom om ’n ont­wik­ke­lings­fonds van R200 mil­joen te stig toe hy in 2011 ’n be­he­ren­de be­lang in Mas­smart ver­kry het.

“Hier­die tran­sak­sie is ver­re­weg die groot­ste wat die me­de­din­gings­o­wer­heid moes oor­weeg en dit is be­lang­rik dat Suid-A­fri­ka­ners weet dat die oor­na­me van ’n plaas­li­ke i­ko­nie­se maat­skap­py tas­ba­re voor­de­le gaan mee­bring,” het E­bra­him Pa­tel, mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, ge­sê.

E­bra­him Pa­tel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.