Nu­we een­he­de in Wood­stock op­ge­raap

Beeld - - Veilings -

Woon­een­he­de in The Iron Works, ’n by­der­wet­se nu­we ont­wik­ke­ling vir ge­meng­de ge­bruik in Wood­stock in Kaap­stad, ver­koop soos soet­koek.

Dié ont­wik­ke­ling be­staan uit klein­han­dels­ruim­te op die grond­ver­die­ping, drie ver­die­pings vir par­ke­ring en vyf ver­die­pings met woon­een­he­de. Dit be­hoort in A­pril 2018 vol­tooi te wees.

Graig Al­gie, Seeff se spe­si­a­lis­a­gent vir Wood­stock, sê 56 van die een­he­de is reeds teen pry­se van tus­sen R1,3 mil­joen en R2,8 mil­joen (BTW in­ge­sluit) ver­koop.

“Die lig­ging van die ont­wik­ke­ling maak dit ’n aan­trek­li­ke al­ter­na­tief tot die mid­de­stad van Kaap­stad,” sê hy.

Dit bied mak­li­ke toe­gang tot die N1 en N2 en is ook op die MyCi­ti-bus­roe­te. Wood­stock, met sy eie be­ko­ring, word e­wen­eens as ’n uit­ste­ken­de op­ko­men­de be­leg­gings­ge­bied be­stem­pel.

’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling van The Iron Works, ’n mo­der­ne nu­we ont­wik­ke­ling vir ge­meng­de ge­bruik in Wood­stock in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.