Sien is glo van die weel­de op verskeie vlak­ke

Beeld - - Veilings -

’NWeel­de­ri­ge huis teen ’n hel­ling met ’n pa­no­ra­mie­se uit­sig in die luuk­se woon­buurt Links­field Rid­ge in Jo­han­nes­burg word la­ter in Mei deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op­ge­veil.

Die huis in Kal­len­bach-ry­laan het verskeie vlak­ke.

Die on­der­ste grond­vlak het ’n dub­bel­ga­ra­ge met ou­to­ma­tie­se deu­re en ’n in­gangs­por­taal met trap­pe wat na die boon­ste grond­vlak lei.

Dié vlak het ’n gas­te­bad­ka­mer en ’n woon­stel met ’n oop­plan­sit­ka­mer en kom­buis, een slaap­ka­mer en ’n bad­ka­mer.

Op die vol­gen­de vlak is ’n ont­vangs­lo­kaal, ’n groot sit­ka­mer en drie slaap­ka­mers, waar- van die hoof­slaap­ka­mer ’n en sui­te-bad­ka­mer en groot aan­trek­ka­mer het.

Daar is ook ’n klein kom­buis op dié vlak.

S­kuif­deu­re lei na ’n pa­tio met uit­sig­te op die noor­de­li­ke voor­ste­de van Jo­han­nes­burg.

Trap­pe op dié vlak lei na ’n la­er vlak met ’n Ja­cuz­zi, ’n groot oop­plan­sit­ka­mer, ’n eet­ka­mer en ’n kom­buis.

S­kuif­deu­re maak oop op ’n pa­tio en ’n swem­bad.

Trap­pe van­uit die sit­ka­mer lei na nóg ’n vlak met ’n son­ka­mer, ’n gas­te­bad­ka­mer, ’n snoe­ker­ka­mer en ’n stoor­plek.

Daar is ook ’n was­ka­mer en ver­blyf vir per­so­neel.

Jaco du Toit van PVA sê die huis ver­per­soon­lik ’n luuk­se leefstyl en “sien is glo.”

Hy sê die uit­sig van­uit by­na el­ke ver­trek is een van die bes­te ken­mer­ke van die huis.

“Vir die­ge­ne wat op soek is

Die uit­sig van­uit by­na el­ke ver­trek is een van die bes­te ken­mer­ke van die huis.

na die reg­te a­dres, is hier­die die i­de­a­le ei­en­dom.”

Die vei­ling word op 14 Mei om 11:00 op die per­seel ge­hou.

Die ei­en­dom kan per af­spraak be­sig­tig word, of op 8 Mei tus­sen 11:00 en 15:00 of 11 Mei tus­sen 17:00 en 19:00.

’n Vi­deo van die bin­ne­kant van die huis as­ook meer in­lig­ting is by www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za be­skik­baar.

Die uit­sig op die noor­de van Jo­han­nes­burg.

Die huis in die luuk­se woon­buurt Links­field Rid­ge in Jo­han­nes­burg word op 14 Mei deur PVA op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.