Jou plek­kie waar die tyd stil­staan

Kry ’n uit­span­plek in ’n prent­jie­mooi kus­dor­pie

Beeld - - Veilings -

’NVyfslaap­ka­mer­huis met ho­pe uit­span­plek vir ’n groot ge­sin en kui­er­gas­te in die kus­dor­pie In­fan­ta na­by S­wel­len­dam in die Wes-Kaap, word deur Raw­son Aucti­ons Wes-Kaap op­ge­veil.

Die gids­prys vir die huis in ’n ui­ters ge­wil­de va­kan­sie­park is R2,75 mil­joen, maar al­le aan­bie­din­ge sal oor­weeg word.

In­fan­ta, ’n ont­wik­ke­ling aan die B­ree­de­ri­vier in die O­ver­berg­ge­bied, is ’n prent­jie­mooi dor­pie met ’n rots­ag­ti­ge kus­lyn en a­sem­ro­wen­de na­tuur­skoon.

Dit is voor­waar die i­de­a­le uit­span­plek vir rus en vre­de, sê Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons in die Wes-Kaap.

Dit is ’n plek waar die tyd stil­staan, waar lyn nat­ge­maak kan word vir ’n paar gro­tes en waar die wal­vis­se in die wal­vis­sei­soen dop­ge­hou word.

Die huis met twee ver­die­pings het vyf slaap­ka­mers, twee bad­ka­mers, ’n oop­plan­kom­buis, -sit­ka­mer en -eet­ka­mer.

Bui­te is ’n pak­ka­mer, ’n on­der­dak­stoep met ’n in­ge­bou­de braai, ’n bui­te­braai en ’n en­kel- mo­tor­huis, as­ook ’n af­dak.

Al die meu­bels be­hal­we die eet­ka­mer­ta­fel en stoe­le word saam met die ei­en­dom ver­koop.

Daar moet in ge­dag­te ge­hou word dat die ver­ko­per nie vir BTW ge­re­gis­treer is nie, wat be­te­ken he­re­reg­te is be­taal­baar.

Be­lang­stel­len­de par­tye moet voor 25 Mei om 12:00 ’n bod by die Raw­son Pro­per­ty Group se hoof­kan­toor in Ron­de­bosch in­dien.

Vir meer in­lig­ting kan Li­sa S­wa­ne­poel by 084 407 4377 ge­bel word.

Die vyfslaap­ka­mer­huis in ’n va­kan­sie­park in In­fan­ta aan die B­ree­de­ri­vier word deur Raw­son Aucti­ons op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.