Ge­rief­li­ke ei­en­dom vir toe­sluit­en­ry

VEILINGS

Beeld - - Veilings -

’n Net­jie­se dub­bel­ver­die­ping­deel­ti­te­leen­heid – die i­de­a­le toe­sluit-en-ry-ei­en­dom – in ’n land­goe­d­ont­wik­ke­ling in Four­ways word op 11 Mei deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op ’n vei­ling ver­koop.

Die een­heid in Elm­straat in Crai­g­a­von Park het ’n oop­plan­sit­ka­mer, eet­ka­mer, kom­buis en gas­te­bad­ka­mer op die grond­vloer. Op die boon­ste vloer is drie slaap­ka­mers, waar­van die hoof­slaap­ka­mer ’n en sui­te-bad­ka­mer en bal­kon het.

Die to­ta­le ei­en­dom be­slaan 153 m² en het ’n par­keer­plek en ’n af­dak.

Die land­goed bied ’n ge­meen­skap­li­ke klub­huis met braai­ge­rie­we en ’n swem­bad.

Jaco du Toit van PVA sê dit is die i­de­a­le ge­leent­heid vir ’n ge­sin op soek na ’n toe­sluit-en-ry- a­dres in die ge­wil­de Four­ways.

“Dit het ka­rak­ter en sjar­me en die oop­plan­leef­a­rea maak dit per­fek vir ont­haal.”

Na­by­ge­leë ge­rie­we sluit in die Bro­a­da­cres-win­kel­sen­trum, Ce­dar S­qua­re, ’n ver­skei­den­heid sko­le en Mon­te­ca­si­no.

Die vei­ling word op 11 Mei om 11:00 op die per­seel ge­hou. Vir meer in­lig­ting kan PVA by 011 789 4375 ge­kon­tak word.

Dié net­jie­se deel­ti­te­leen­heid in Four­ways word op 11 Mei op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.